Rollemskaats Roetes


Wat as ek vir jou sou vertel dat hier in ons geweste is 'n skaatsbaan so groot soos 'n stad.  Om die waarheid te sê...net so groot soos jy dit wil hê.  Alhoewel daar ook ysskaats bane hier in Sydney is, is hierdie 'n rolskaatsbaan.  Amper soos mens by Margate altyd gekry het, maar net 'n buitelug een - 'n massiewe groot skaatsbaan onder die sterrehemel.

Met die warm someraande wat nou naderkruip is dit 'n ideale geleentheid om vir jou 'n paar rollemskaatse aan te skaf en bietjie oefening te kom kry hier in Sydney, want elke Woensdagaand in die hartjie van die middestad hier in Sydney neem enigiets van 10 to 100 bittereinder skaatsers die stad op horings op hul skaatse.  Die groep bestaan al 20 jaar en skaats elke Woensdagaand verskillende roetes deur die stad.  Hul ouderdomme wissel van die twintigs tot in die sestigs, en daar is mense van allerlei beroepe en lande.  Die skaatsers begin so 9 uur in die aand saamdrom op die trappe van die "Land Titles Offices" aan die regterkantste boonste hoek van Hyde Park.


Die Sydney Bladers se offisiële webtuiste is by www.sydneybladers.com waar julle meer inligting kan kry.

Ek gaan hierdie bladsy gebruik om die dagboek te hou van die verskillende roetes wat ons reeds ge-"rollerblade" het sover.


Op 5 Desember 2012 was die "Chrissie Skate" aand
Skakel na die roete 
Skakel na die Google Earth KML








Op 19 Desember was 'n Missie Skaats aand
Skakel na die roete
Skakel na die Google Earth KML





2 Januarie 2013 het eers reenerig begin maar in 'n fantastiese "Virgin Skate" aand verander
Skakel na die roete
Skakel na die Google Earth KML








9 Januarie 2013 het was 'n redelike gemaklike roete
Skakel na die roete
Skakel na die Google Earth KML



Hoogtepunte was die Channel 7 kantore, Sydney Technology Park, Sydney University en Darling Harbour.

2 Mei 2013 was 'n beginners skaats met 'n verskil
Sowat 16 km in afstand
Skakel na die roete
Skakel na die Google Earth KML


View Rollerblade 1/05/2013 21:17 in a larger map

No comments:

Post a Comment

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings