Sunday, May 15, 2011

Fietsry in Parramatta Park

(Die skakel na hierdie blog inskrywing)


Ons hou nogal baie van fietsry. Veral om op 'n Saterdag of Sondag in een van die vele parke in Sydney te gaan fietsry.  Al hoe meer mense gebruik nou ook al hul fietse om werk toe te ry en die stad het fietspaaie wat uitsluitlik deur fietsryers gebruik mag word.  Selfs die snelweë se skouer het plekke vir fietsryers.  Ons gaan soms in Centennial Park naby Bondi in die stad fietsry, of by Bicentennial Park by Sydney Olympic Park. Soms gaan on langs die see ry soos by Dee Why of Clovelly of selfs Manly.  Kyk gerus na al die inskrywings op my blog oor fietsry.

Daar is heelwat plekke om te gaan bergfiets ry, maar indien jy op soek is na die NSW kaarte wat vir jou al die fietsroetes in Sydney aandui, gaan kyk bietjie op die volgende skakel met Fietsry kaarte vir New South Wales.  Daar is 'n ellelange lys van PDF kaarte en brosjures van al die fietspaadjies in New South Wales vir fietse.  Hier in Australië noem hulle 'n fiets mos 'n "push-bike" - seker omdat hier so baie heuwels is...hehe.



Ons het gister besluit om die fietspaaie in Parramatta Park bietjie te gaan plattrap.  Ons het eers vir ons KFC gaan kry en toe gaan piekniek hou op 'n bankie in die lekker warm son.








Soos julle kan sien is hierdie parke baie veilig vir fietsryers en drawwers, daar is selfs toegewyde bane vir stappers of drawwers, fietse en motors.  Geen motor mag vinniger as 30 km/h ry nie en leerling bestuurders word ook nie toegelaat om te bestuur in een van hierdie parke nie.

Ek het so 'n paar videos van die geryery geneem...
Video 1
Video 2
Video 3
Video 4











Hier is 'n paar van die plekke waar ons al gaan fietsry het:
So 'n rukkie gelede op 13 Maart het ons dieselfde gaan doen in Manly, waar ek die volgende video geneem het.



Ek hoop die paar videos sal vir julle 'n idee gee van hoe die fietspaaie in die parke hier in Sydney lyk.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings