Sunday, April 24, 2011

Waar woon die oud Suid Afrikaners in Australië? Aflewering 3 : New South Wales, Victoria, Queensland, Suid en Wes Australië, Noordelike en Capital Territory en Tasmanië

(Skakel na hierdie blog inskrywing by pitkos.blogspot.com)


Om my reeks oor die huidige woonplekke van oud Suid Afrikaners af te sluit het ek besluit om dinge nie langer omslagtig te maak nie, en eenvoudig die res van die land se statistieke vir hulle te gee.  Soos wat ek reeds in die eerste aflewering "Waar woon die oud Suid Afrikaners in Australië? Aflewering 1 : New South Wales" bespreek het, is al hierdie inligting verkry deur die 2006 Australiese sensusdata te verwerk om die huidige woonplek van mense van Suid Afrikaanse oorsprong te bepaal en op 'n kaart aan te dui.  Die sensusdata het bestaan uit 2411 Excel data leêrs wat ek verwerk het na spesifieke Demografiese inligting rakende Suid Afrikaners in die 8 state van Australië: 


Eerstens het ek al die voorstede in Australië geneem en hulle per staat gesorteer van die meeste na die minste oud Suid Afrikaners wat daar bly, en die volgende spreadsheets geskep:

Staat naamAantal Suid AfrikanersVoorstede volgens totaal
NSW (New South Wales)326702006 NSW Totale
QLD (Queensland)226652006 QLD Totale
WA (Westelike Australië)219242006 WA Totale
VIC (Victoria)190252006 VIC Totale
SA (Suid Australië)45022006 SA Totale
TAS (Tasmanië)10512006 TAS Totale
ACT (Australiese "Capital Territory")9912006 ACT Totale
NT (Noordelike "Territory")2522006 NT Totale
Totaal:103080

Daarna het ek hierdie totale op Google kaarte geplot, sodat julle duidelik kan sien waar die meeste Suid Afrikaners bly deur na die flaggies se kleure te kyk.

Staat naamAantal Suid AfrikanersVoorstede volgens totaal
NSW (New South Wales)326702006 NSW Kaart Totale
QLD (Queensland)226652006 QLD Kaart Totale
WA (Westelike Australië)219242006 WA Kaart Totale
VIC (Victoria)190252006 VIC Kaart Totale
SA (Suid Australië)45022006 SA Kaart Totale
TAS (Tasmanië)10512006 TAS Kaart Totale
ACT (Australiese "Capital Territory")9912006 ACT Kaart Totale
NT (Noordelike "Territory")2522006 NT Kaart Totale
Totaal:103080

Die kaarte vertoon voorstede met gekleurde vlaggies na gelang van die aantal Suid Afrikaners wat daar bly. 
met 300 en meer Suid Afrikaners as Rooi
met tussen 150 en 299 Suid Afrikaners as Groen
en tussen 50 en 149 oud Suid Afrikaners as Blou


Indien ons nou al die voorstede in die hele land in dieselfde spreadsheet plaas en hulle sorteer volgens die aantal ex Suid Afrikaners, kan ons in die volgende data die TOP immigrasie bestemmings in die hele Australië sien. 


StaatVoorstadEx Suid Afrikaners
NSWST IVES2005
NSWST IVES CHASE2005
NSWDOVER HEIGHTS1090
NSWVAUCLUSE1090
NSWWATSONS BAY1090
QLDBROOKFIELD950
QLDCHAPEL HILL950
QLDFIG TREE POCKET950
QLDKENMORE950
QLDKENMORE HILLS950
QLDPINJARRA HILLS950
QLDPULLENVALE950
QLDUPPER BROOKFIELD950
WACANNING VALE934
WAWILLETTON934
NSWBONDI919
NSWBONDI BEACH919
NSWNORTH BONDI919
NSWTAMARAMA919
WADIANELLA906
VICCAULFIELD889
VICCAULFIELD SOUTH889

(Die voorstede met dieselfde aantal val in 'n groep van voorstede wat vanaf dieselfde sensusdata poskode data afkomstig is)

Na die voorafgaande resultate het ek probeer om 'n indikator of indeks te verkry wat vir my sal aandui watter voorstede meer gesog of populêr is onder oud Suid Afrikaners.  Die totale lig nie hierdie gedrag vir my so mooi uit nie omdat voorstede met meer inwoners ook normaalweg meer Suid Afrikaners huisves as voorstede met minder inwoners.  Ek was op soek na 'n statistiese of wiskundige formule wat vir my 'n groter waarde sal gee wanneer meer Suid Afrikaners daardie spesifieke voorstad as hul tuiste kies as wat statisties verwag word van die algemene bevolking (volgens die breukdeel wat daardie voorstad se bevolking van die totaal uitmaak).


Die Indeks waarna ek verwys, word as volg bereken:  

Indeks = 
(Bevolkingl SAners in voorstad / Totale SAners in staat) / 
(Bevolking in voorstad / Totale Bevolking in staat)

Indien mens die (Bevolking in voorstad / Totale Bevolking in staat) bereken kry mens die breukdeel van die totale bevolking wat in daardie voorstad bly.

Indien die Suid Afrikaners dus die univorme patroon van die algemene bevolking gevolg het, sou die SA breukdeel presies gelyk gewees het aan die een van die algemene bevolking...

(Bevolking SAs in voorstad / Totale SAs in staat) 
(Bevolking in voorstad / Totale Bevolking in staat)

en dan sou die kieskeurigheid indeks = 1

Maar, indien daar een of ander vorm van kieskeurigheid aan die werk was, sou die breukdeel vir die Suid Afrikaners wat in daardie voorstad bly (uit al die Suid Afrikaners in die staat) hoër as die algemene bevolking syne wees.  Indien mens dus die een deur die ander deel kry mens met hoeveel die breukdeel groter is as die breekdeel vir die algemene bevolking:

Kieskeurigheids Indexs

= 1 (Die SA-ners (Suid Afrikaners) se breukdeel is dieselfde as die bevolking syne)

= groter as 1 (Dui aan hoeveel eerder die Suid Afrikaners in hierdie voorstad wil bly as ander voorstede)

kleiner as 1 ('n kleiner breukdeel van die totale aantal Suid Afrikaners bly daar as die algemene bevolking)

Hierdie indeks gee vir my dus 'n aanduiding van die mate waarin Suid Afrikaners hierdie voorstad bo ander voorstede verkies.

Ek het toe die voorstede gesorteer van die hoogste na die laagste Kieskeurigheids indeks, en die volgende resultate gekry:


Staat naamHoogste IndeksVoorstede volgens IndeksSpreadsheet
NSW (New South Wales)23.4052006 NSW Kaart Indekse2006 NSW Indeks data
QLD (Queensland)6.8282006 QLD Kaart Indekse2006 QLD Indeks data
WA (Westelike Australië)3.8022006 WA Kaart Indekse2006 WA Indeks data
VIC (Victoria)14.1912006 VIC Kaart Indekse2006 VIC Indeks data
SA (Suid Australië)4.1132006 SA Kaart Indekse2006 SA Indeks data
TAS (Tasmanië)3.3752006 TAS Kaart Indekse2006 TAS Indeks data
ACT (Australiese "Capital Territory")2.2882006 ACT Kaart Indekse2006 ACT Indeks data
NT (Noordelike "Territory")1.7062006 NT Kaart Indekse2006 NT Indeks data

Weereens word slegs voorstede met 50 en meer SAs aangedui asook waar die kieskeurigheids indeks gelyk is aan 1 en meer.  
Voorstede waar die indeks bo 3.5 is, is in Rooi aangedui 
Voorstede waar die indeks tussen 1.5 en 3.5 lê is in Groen aangedui 
Voorstede waar die indeks tussen 1 en 1.5 lê is in Blou aangedui

Hierdie Indeks kaarte gee vir ons 'n baie goeie aanduiding watter voorstede in Australië meer populêr onder die Suid Afrikaanse immigrante is as die res van die bevolking.  Ek het slegs voorstede met meer as 50 oud Suid Afrikaners in die kaarte aangedui omdat die indeks baie maklik beinvloed kan word in 'n voorstad met baie min mense.


Die mees populêre woongebiede lê in NSW waar daar 'n 23 keer hoër persentasie is as vir die algemene bevolking.  


Dit is verbasend watter nuttige inligting mens kan verkry oor Suid Afrikaners uit die sensus data wat so vryelik beskikbaar is op die web.  


Byvoorbeeld: Indien mens na die mediaan van die maandelikse inkomste kyk vir die voorstede en jy neem al die voorstede in Australië, dan sien mens dat Suid Afrikaners regoor die land oor die algemeen in voorstede bly waar die mediaan van die maandelikse inkomste sowat 20% hoër is as die gemiddeld.
Dit beteken nie noodwendig dat Suid Afrikaners 20% meer inkomste as die algemene bevolking kry nie (omdat ons dalk die armste mense in daardie voorstede kan wees), maar dat ons klaarblyklik voorstede verkies was oor die algemeen meer gegoed is.  


Ek het ook vir julle die data beskikbaar gemaak vir Google Earth.  Indien julle die data dus In Google Earth wil besigtig, laai die volgende KML leêrs af en dubbel kliek daarop nadat julle Google Earth geinstalleer het.


KML Kaart van hele Australië gesorteer volgens Indeks

KML Kaart van die hele Australie gesorteer volgens totale


Julle kan dan in Google Earth op elk van die skakels in die inligtings vlaggies kliek vir meer inligting, soos byvoorbeeld om op Realestate te soek vir huise in daardie voorstad...soos byvoorbeeld hieronder in Google Earth, waar die data vir Olympic Dam in Suid Australië vertoon word.  BHP Billiton, wat ook groot ondernemings in die Suid Afrikaanse mynbedryf het, het hier 'n myn en daar werk 4 keer meer Suid Afrikaners as die persentasie van die algemene bevolking.  Marius Kloppers, 'n oud Suid Afrikaner is die direkteur van hierdie Australiese maatskappy.  Amper al die Suid Afrikaners wat hier in Olympic Dam bly het sedert 2001 hiernatoe getrek.





Thursday, April 21, 2011

Herfskleure by St Albans en Mt Tomah

(Skakel na hierdie blog)

Ons was die afgelope week of twee saammet vriende na St Albans (naby Wisemans Ferry noord van Sydney) asook by Mount Tomah botaniese tuine. Ek het die pragtigste fotos van herfskleure en blomme afgeneem.

Die volgende twee fotos voor 'n huis in St Albans afgeneem.  Die perd langs die fiets het my laat voel of ek met 'n tydmasjien 'n eeu terug in die verlede was.



Die volgende fotos het ek vandag in Mt Tomah botaniese tuine geneem...






















Oppad terug het ons by 'n padstalletjie lekker appeltert en koffie gekoop.



Hier is 'n "slideshow" van die dag se fotos.

Sunday, April 17, 2011

Don Francisco toer Australië

(Die skakel na hierdie blog inskrying by pitkos.blogspot.com)

Die sanger en liedjieskrywer Don Francisco toer Australië in die volgende paar weke.  Julle kan die toerprogram op hulle webtuiste kry : www.rockymountainministries.org


Hy tree Dinsdag 26 en 27 April by Gospel.Live op oorkant die Manly polisie stasie (4 West Promenade, regoor Gilbert Park) in Sydney.  Ons het kaartjies gekry vir $10 per persoon.  Besprekings by 02 9905-7215.


Die Manly Ferry skedule kan julle hier kry.

Gaan luister gerus na Don en sy vrou Wendy se liedjies oor die jare by Rocky Mountain Ministries MP3.

Hier is 'n paar van my gunsteling liedjies:


I have chosen you

Don't care where you been sleeping

I'll never let go of your hand

Beautiful to me

I could never promise you

Come and follow

Bird with broken wing
Bird with broken wing

Locked up inside
A tiny cage
Till the day I heard your cry
And set you free

But as I reached in
To heal the hurt
You fled in wild dismay
Now your pain
Is made you blind as you can be

Echoes in the distance
Are almost all you hear from me
Each time I speak your name
You flee away

While the agonies of mindless flight
Are more than you can bare
Still you think it's because of me
You feel this way

Soarin' far above the storm
On wings spread strong and wide
Is the vision that you've buried
In despair

You dash yourself against the stones
And flutter terrified
When my love will heal your wounds
And lift you there

Like a frightened child
Who starts away with every move
You want to trust
But watch so fearfully

Everything you're longing for
Is here within My hands
I'm waiting now for you
To come to me

Soarin' far above the storm
On wings spread strong and wide
Is the vision that you've buried
In despair

You dash yourself against the stones
And flutter terrified
When My love will heal your wounds
And lift you there

Like a frightened child
Who starts away with every move
You want to trust
But watch so fearfully

Everything you're longing for
Is here within my hands
I'm waiting now for you
To come to me

Like a frightened child
That starts away with every move
You want to trust
But watch so fearfully

Everything you're longing for
Is here within my hands
I'm waiting now for you
To come to Me

I'm waiting now for you
To come to Me
I'm waiting now for you
To come to Me



For God so loved

Call nobody here

Only love is spoken here

Give your heart a home

From out of the blue

Hier is 'n kopie van die toer program:
Gold Coast
Vrydag 22 April

Rockhampton
Sondag 24 April

New South Wales
Manly, Sydney
Dinsdag 26 April
Woensdag 27 April

Westelike Australië
Bunbury
Vrydag 29 April

Bertram
Sondag 1 Mei

Busselton
Woensdag 4 Mei

Northam
Donderdag 5 Mei

Albany
Sat 7 Mei

Perth
Sunday May 8
Riverton

South Australia
Adelaide
Monday May 9

ACT
Canberra
Maandag 10 Mei

NSW Platteland
Forbes
Donderdag 12 Mei

Guyra
Vrydag 13 Mei

Sondag 15 Mei
Lismore


Hier is Don se facebook page: https://www.facebook.com/hesalive

Sien julle daar

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings