Thursday, March 31, 2011

Waar woon die oud Suid Afrikaners in Australië? Aflewering 2 : Victoria

(Skakel na hierdie blog inskrywing op hierdie blog pitkos.blogspot.com)


Soos ek vir julle in die vorige skrywe oor New South Wales gewys het. is ons nasie (wel, eintlik enige nasie wat vêr oor die see van volk en vaderland migreer soos voëls) baie kieskeurig in waar ons woon en bly.  Ons gaan nie sommer herwaarts en derwaarts en bly op enige moontlike plek asof ons 'n Australiese kaart op 'n veerpyltjiebord probeer raakgooi nie.  Daar is 'n planmatigheid in ons trekgeselskap se planne - 'n amperse reis na 'n beloofde land, 'n voorland wat ons as eie vir onsself (so te sê) wil op-eis deur met ons voete te stem.  Ek het gevind dat daar voorstede is waar die persentasie van ons mense baie hoër is as die persentasie van die algemene bevolking wat in daardie voorstede bly - in sommige gevalle tot 23 keer die gemiddelde persentasie van die bevolking.  Om die waarheid te sê, uit 'n totale aantal voorstede van 14313, is daar 10889 voorstede waar daar oud Suid Afrikaners bly, maar in 424 (2.96%) van hierdie woongebiede is die persentasie oud Suid Afrikaners meer as dubbeld die persentasie vir die algemene bevolking.


Ons landgenote verkies dus sommige woongebiede meer as ander om in te bly.


Ek het lank gesoek na 'n spreekwoord wat die betekenis dra van "Birds of a feather, flock together", maar ek kon nie regtig so 'n spreekwoord raaklees nie.  Die naaste wat ek daaraan kon kom met nuutskeppings van bestaande spreekwoorde is: "Voëls van eenderse vere...swerm tesame." of "Finkel en Koljander...die een soek die ander" of natuurlik die bekende "soort soek soort".


Vanaand werp ek die soeklig bietjie op die staat aan die suidpunt van die boemerangkus: naamlik Victoria.  


Net soos wat Sydney die setel is van meeste van die landverhuisers in New South Wales, enersyds is Port Melbourne die setel van die SA setlaars in Victoria.  Uit Victoria se totale bevolking van 4 837 989 in die jaar 2006, is daar sowat 19025 erkende oud Suid Afrikaners wat hulle in Victoria gaan vestig het. Dis maar 1 in elke 254 (so 0.4%) van die bevolking - maar min, maar nie juis baie wydverspreid nie - hoofsaaklik in Melbourne.


Om vir julle 'n idee te gee van hoe saamgegroepeerd die SAs bly in Victoria het ek die sowat 2813 voorstede op 'n 3D Google Earth kaart van Victoria geplot.  Daarna het ek al die woongebiede met 50 of meer oud Suid Afrikaners op presies dieselfde kaart geplot en met die volgende animasie vorendag gekom:


Photobucket



Die kaart vertoon ook voorstede met gekleurde vlaggies na gelang van die aantal Suid Afrikaners wat daar bly. 
met 300 en meer Suid Afrikaners as Rooi
met tussen 150 en 299 Suid Afrikaners as Groen
Op die kaart met die min vlaggies dui die blou vlaggies woongebiese aan met tussen 50 en 149 Suid Afrikaners.
En op die kaart met die BAIE vlaggies sluit die blou vlaggies OOK DIE woongebiede in met minder as 50 oud SAs in.



As julle die fotos van baie naderby wil beskou, hier is twee skakels:
Die Google Earth foto van AL DIE beskikbare voorstede in Victoria
Die Google Earth foto van al die voorstede in Victoria met 50 of meer Suid Afrikaners


'n Naderby satellietfoto van die voorstede in Victoria met 50 of meer Suid Afrikaners


Die rooi vlaggies is woongebiede waar daar 300 en meer oud SAs woon en mens kan ook sien daar is naby die middestad 'n beduidende groepering van ons mense. Dan weer in die ooste en suid-ooste in die rigting van die Snowy Mountains (Sneeuberge).  


As julle graag na die 2-dimensionele weergawe van die kaart wil kyk (insluitende die sensus statistiek), volg gerus die volgende skakel na:
2006 VIC By Total 
wat gesorteer is van meeste na minste Suid Afrikaners, of


2006 VIC By Index
wat ek gesorteer het volgens die kieskeurigheidsindeks, hieronder aangetoon:




Weereens word slegs voorstede met 50 en meer SAs aangedui asook waar die kieskeurigheids indeks gelyk is aan 1 en meer.  
Voorstede waar die indeks bo 3.5 is, is in Rooi aangedui 
Voorstede waar die indeks tussen 1.5 en 3.5 lê is in Groen aangedui 
Voorstede waar die indeks tussen 1 en 1.5 lê is in Blou aangedui



Die voorstede op die voorafgaande kaart dui nie noodwending die voorstede aan waar die meeste van ons mense bly nie, maar juis die woongebiede wat meer deur ons mense verkies word in vergelyking met die algemene bevolking (met 'n kieskeurigheidsindeks wat hoog is).  


As ons byvoorbeeld net na die rooi gebiede kyk wat ons meer as 3.5 keer eerder as die deursnee Aussie verkies:
Hier onder is 'n tabel van die woongebiede gesorteer volgens indeks (wat ook beduidende getalle SAs huisves, 50 en meer):
VoorstadVoorstede in poskodeAantal oud SAsSA as % van alle personeSA as % van al die SAsIndeks
CAULFIELD28895.584.6714.191
CAULFIELD SOUTH28895.584.6714.191
CAULFIELD NORTH14102.952.167.51
HEATHERTON1762.890.47.348
TEMPLESTOWE12791.721.474.376
BRIGHTON EAST12471.661.34.228
ELSTERNWICK31771.540.933.926
GARDENVALE31771.540.933.926
RIPPONLEA31771.540.933.926
DONVALE11691.460.893.72
DONCASTER EAST13871.462.033.718
BENTLEIGH EAST13281.351.723.437
BENTLEIGH33341.271.763.226
MCKINNON33341.271.763.226
ORMOND33341.271.763.226

Die mees populêre woongebiede onder Suid Afrikaners naby Melbourne se middestad is:
CAULFIELD, CAULFIELD SOUTH, CAULFIELD NORTH, BRIGHTON EAST, ELSTERNWICK, GARDENVALE, RIPPONLEA, BENTLEIGH, BENTLEIGH EAST, MCKINNON en ORMOND.
Die enigste voorstede wat naastenby soveel SAs bevat soos Bondi en St Ives in NSW is: CAULFIELD,  waar die geografiese konsentrasie van Suid Afrikaners sowat 189 per vierkante kilometer is, dit wil sê: 1 in elke 72x72 meter area. (amper so hoog soos naby Bondi). Hier is sal jy 1 Suid Afrikaner raakloop vir elke 18 mense wat jy teëkom (in vergelyking met 1 in 254 gemiddeld oor die staat).


Meer na die suide is ons mees populêre woongebied HEATHERTON en in die noord-ooste is dit TEMPLESTOWEDONVALE en DONCASTER EAST.


Sommige woongebiede in Melbourne huisves egter baie meer mense as ander en indien ons wil sien waar die grootste hoeveelheid Suid Afrikaners bly, dan sien ons die volgende woongebiede na vore tree:










VoorstadVoorstede in poskodeAantal oud SAsSA as % van alle personeSA as % van al die SAsIndeks
CAULFIELD28895.584.6714.19143
CAULFIELD SOUTH28895.584.6714.19143
GLEN WAVERLEY24390.762.311.92513
WHEELERS HILL24390.762.311.92513
NARRE WARREN24260.842.242.12763
NARRE WARREN SOUTH24260.842.242.12763
CAULFIELD NORTH14102.952.167.51001
DONCASTER EAST13871.462.033.71832
BERWICK23771.021.982.60339
HARKAWAY23771.021.982.60339
ROWVILLE13531.041.862.64268
BENTLEIGH33341.271.763.22554
MCKINNON33341.271.763.22554
ORMOND33341.271.763.22554
BENTLEIGH EAST13281.351.723.43743
CARNEGIE33241.191.73.02234
GLEN HUNTLY33241.191.73.02234
MURRUMBEENA33241.191.73.02234

Die woongebiede wat uitstaan (en wat nog nie gelys was nie) is:
CARNEGIE, GLEN HUNTLY en MURRUMBEENA naby die middestad
GLEN WAVERLEY, WHEELERS HILL en ROWVILLE in die ooste.
NARRE WARREN, NARRE WARREN SOUTH, HARKAWAY en BERWICK in die suid ooste.
Hoewel hierdie woongebiede statisties nie noodwendig so populêr soos die voorafgaande voorstede is nie, is die totale aantal ex Suid Afrikaners wat hier woon hoog en is dit natuurlik dat mens hier baie kultuurbedrywighede sou kon teëkom wat moontlik deur Suid Afrikaners gereël word.


Twee omgewings wat vir my, as 'n onkundige waarnemer (siende dat ek nog nooit in Melbourne was nie) uitgestaan het, is die Caulfield omgewing asook die gebied rondom Templestowe.  Ek het sommer vir die pret 'n Google soektog gedoen met dit as soekterme, en afgekom op die Suid Afrikaanse Winkel wat juis in daardie omgewings sy winkels het.  Of die HOWZIT besigheidsgids wat byvoorbeeld die Suid Afrikaanse Chappies lekkergoedwinkel het. Daar is byvoorbeeld 'n Suid Afrikaanse oogkundige in Templestowe.


Indien julle dus meer wil uitvind omtrent die statistiek van die Suid Afrikaners in Victoria, kyk bietjie na die sorteerbare spreadsheets wat ek beskikbaar het indien jy in ander inligting oor die voorstad soos die maandelikse inkomste en huur sou wou kyk of wil weet in watter voorstede die meeste mense met jong kinders woon:


2006 VIC By Total


2006 VIC By Index


Gaan lees meer oor al die verskillende kolomme in die spreadsheet by my blog oor New South Wales.




As julle graag hierdie blog inskrywing vir julle vriende wil epos, kliek op die koevertjie aan die onderkant van die blog, of kliek hierso.

Tot volgende keer.

No comments:

Post a Comment

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings