Friday, March 25, 2011

Waar woon die oud Suid Afrikaners in Australië? Aflewering 1 : New South Wales

(Hier is die skakel na die pitkos.blogspot.com inskrywing)


Wonder julle soms wat het van al die mense geword wat hier na hierdie land doer onder verhuis het?  Waar hulle nou bly en leef en werk.


Wanneer mens daaraan begin dink om in 'n ander land 'n heenkome te gaan soek, besef jy met 'n skok: Jy het nie 'n vaagste benul in watter voorstad om te gaan woon in hierdie nuwe onbekende land nie!  Tot op daardie stadium kon jy darem onthou in watter land stede soos Sydney en Brisbane is. Jy het dit dalk tot nog toe nie nodig geag om regtig op te lees oor die verskillende voorstede in daardie stede nie.  Maar jy het omtrent alles van jou eie stad geweet.  Vraagstukke soos presies waar elke voorstad in jou dorp of stad is, het vir jou as tweede natuur gekom: jy het dan nog altyd geweet Garsfontein en Menlyn is in Pretoria en Sandton en Roodepoort is in Johannesburg.  Jy het geweet waar jy sal kan bekostig om te kan bly en of daar goeie skole in verskillende voorstede is.  Jy het ook soort van geweet waar die meeste Afrikaanse mense gebly het en waar meer Engelse mense was (nie dat dit nou meer regtig saakmaak nie). 
Soms kry ek  versoeke van lesers om vir hulle 'n vrae te beantwoord soos:

  • Watter voorstede in Australië is soortgelyk aan voorstede in Pretoria ?
  • Watter voorstede is bekostigbaar ?
  • Waar bly die Suid Afrikaners?
  • Wat is die lewenskoste in verskillende voorstede?
  • Hoeveel kos dit om 'n huis te koop of te huur in voorstede?
  • Waar bly die ryk mense en waar bly die arm mense?

As mens met net jou tasse hier op die lughawe aankom en jy besef jy en jou vrou het net 'n maand of so om, in 'n stad waar jy nog nooit voorheen jou voete gesit het, te soek vir permanente woonplek vir jou familie nie - dan dring die realiteit eers werklik na jou deur.


 Ek is nou nie juis 'n bekwame soeker na huurhuise nie.  Ek los gewoonlik daardie ingewikkelde werk vir die deskundige op daardie gebied: my vrou.  Dan bepaal ek my maar by die ander deel van trek: om die treklorrie te dryf en die bokse te dra. Maar mettertyd, soos wat mens se wortels weer dieper en dieper groei en jy al hoe meer verknog raak aan die bekendheid in die omgewing, dan begin mens weer daardie intuisie opbou oor waar om te bly.

Ek het onlangs van 'n leser genaamd Erika die volgende vraag gekry:



" Wil graag weet of jy vir ons kan skryf oor eiendomme, huispryse - in watter voorstede van Sydney voel die meeste Suid Afrikaners "tuis" ? Ook jou gevoel oor huispryse in die algemeen.
Groetnis 
Erika "


Erika, ek het nie jou vraag vergeet nie. Ek het besluit om bietjie doelgerig navorsing te gaan doen omtrent jou vraag: Waar is die oud Suid Afrikaners nou in Australië? Watter voorstede het hulle gekies?  Bly hulle naby mekaar of is hulle in die verstrooiing?  Hoe wyd verspreid bly hulle?  Is daar spesifieke voorstede wat hulle bo die ander verkies? Is daar "wetenskaplike data" wat dalk vir ons kan aandui of daar 'n mate van kieskeurigheid heers onder die oud-Suid-Afrikaners rakende die voorstede wat hulle gaan bly het. Kan mens dit wiskundig op 'n kaart aandui?  Wel, wat ek gevind het, het my verbaas...


Ek het ook al baiemaal gewonder...waarheen het al my oud landsgenote verwyn ?  Eens op 'n tyd was hulle deel van die Suid Afrikaanse samelewing.  Hulle het somtyds saam met ons op die trappe by Verwoerdburgstad gesit en luister vir Steve as hy daar 'n opelug optrede gehou het.  Ek het dalk by baie van hulle verbygeloop in die Menlyn winkelsentrum of dalk by die Tygervallei sentrum in Bellville wanneer ons daar in die Kaap vir my familie gaan kuier het.  Hulle kinders was saam met myne in die skool, of ons was dalk bure.  Maar waar is hulle nou?  Het hulle maar net soos visse in 'n nuwe dam tussen derduisende ander vermeng geraak?  Hulle unieke identiteit verloor?  Of het hulle soos klein groepies trekvoëls, wilde eende of ganse in groepies bymekaar gaan bly nadat hulle derduisende myle vêr oor die see vir hul winter migrasie vertrek het?  Wie weet.  Het hulle spoorloos verdwyn ?  Is daar "eg Suid Afrikaanse" voorstede in Australië? Of is hulle maar eweredig versprei oor die land, net soos die gemiddelde bevolking?


Daar is 'n paar spreekwoorde in Afrikaans wat die betekenis dra van iets of iemand wat net WEG is:


om soos 'n groot speld te verdwyn
om jouself uit die voete te maak
om sak en pak te vertrek
om tussen neus en ore te verdwyn
om uit die almanak weg te loop
om die laaste sien te hê van die blikkantien
om met die noordeson te verdwyn
om skoonveld of stilveld te wees
om nooit weer iemand se stof te sien nie
om met stille trom te vertrek
niemand weet waar hulle verseil geraak het nie
om tussen vinger en duim weg te raak
om te verkas
hulle het om so te sê - voete gekry


Wanneer jy nie weet waar hulle opgeëindig het nie, is dit amper asof hulle vir jou oorlede is - hulle is soos wind-sade versprei oor die wêreld.


Nou ja, waar gaan soek mens as jy sulke data wil uitvind?  Wel, wanneer mens "skape" wil tel, dan doen jy dit op twee maniere:
  • Jy tel hulle wanneer hulle by die kraal se hek inkom : die Doane
  • Jy tel hulle wanneer hulle klaar in die kamp is : die Statistiek buro se 5 jaarlikse sensus
Ek het al met 'n vorige geleentheid geskryf oor die inligting wat ek van die Doane/"Customs" of die immigrasie departement se webtuiste gekry het betreffende die meer as 44 "tjok en blok vol" Boeing 747's wat per jaar Suid Afrikaners hier kom aflaai wat vir altyd hier kom bly: Ek het daaroor geskryf in Hoeveel mense bereik dit werklik om in Australië te kom woon ?
Ek het dus reeds die mense wat deur die lughawe se "hekke" gekom het beskou, maar nog nooit voorheen waar hulle gaan "wei" het nie.  Verskoon maar die vergelyking met skape.  Maar dis net om die beginsel van tel te verduidelik.
Met ander geleenthede het ek reeds geskryf oor inligting wat ek met behulp van die Buro van statistiek verkry het soos toe ek die belastingbetalende bevolking van Australië met Suid Afrika vergelyk het.  

Australië se volgende Sensus aand is Dinsdag 9 Augustus 2011, waarna daar meer "op datum" bevolkingsgetalle beskikbaar sal wees.  Totdat hulle hierdie volkstelling se inligting verwerk het is die beste inligting wat tot ons beskikking is om hierdie vrae wetenskaplik te beantwoord die 2006 sensus data.  Hierdie inligting is dus nou al 5 jaar oud.  Indien jy dus wil weet hoeveel ekstra Suid Afrikaners daar in Australië is, verwys dan na die Immigrasie departement se inligting en neem die nagenoeg 5000 Suid Afrikaanse persone wat hierheen kom per jaar in ag.  Maar, onthou ook dat die invloei amper opgedroog het deur die globale finansiële krisis omdat die Immigrasie Department feitlik die permanente VISAs op ys gesit het.  

Nou, Erika, om jou vraag te begin beantwoord...ek dink nie ek sou ooit kan sê waar voel Suid Afrikaners die meeste "tuis" nie. Mens voel maar oral vreemd die eerste ruk, dan word jy algaande gewoond aan die lewe hier en jy vergeet al hoe meer wat jy nou weer mis. Op my beste sal ek vir jou die volgende kan beantwoord:

  • Waar bly die meeste Suid Afrikaners - wat sal bepaal hoe geredelik mens by georganiseerde Suid Afrikaanse aktiwiteite sal kan wees soos musiekoptredes en selfs gemeentes wat normaalweg baie van getalle afhang
  • In watter voorstede is die hoogste konsentrasie van oud Suid Afrikaners per vierkante kilometer leef - wat sal bepaal hoe groot jou kanse is om met ander kontak te maak in jou dag tot dag aktiwiteite
  • Watter voorstede maak oud Suid Afrikaners die grootse persentasie van die bevolking uit - wat in 'n mate sal bepaal in hoe gereëld jy nog Afrikaans sal praat of hoeveel Suid Afrikaanse kinders saam met jou kroos in die skool sal wees.
  • Watter persentasie van die totale aantal oud SUID AFRIKANERS (in elke staat van Australië) in elke voorstad bly - wat 'n aanduiding gee of sekere voorstede meer gesog is as ander voorstede vir ons as Suid Afrikaners, aangesien 'n groot persentasie van ons daar wil bly.
  • In hoe 'n mate daar 'n groter persentasie van oud Suid Afrikaners as die persentasie van die algemene bevolking in sekere voordetede woon. Dit wil sê: meer as wat statisties normaal is - wat aandui of daar sekere voorstede is wat uitsluitlik deur Suid Afrikaners verkies word. Ek noem dit die kieskeurigheid en druk dit wiskundig uit as =  (% Suid Afrikaners uit al die Suid Afrikaners in die staat) / (% mense in voorstad uit al die mense in die staat)

By die Australiese Buro van Statistiek het ek na 'n hele rukkie se gesoek, afgekom op wat hulle noem: 2006 Census Community Profile Series.  
Dit bestaan uit 'n paar dokumente wat gebaseer is op die data wat hulle op die Sensus aand in 2006 verkry het.  Mens kan sensus data van enige een van die state verkry. Jy kan ook 2006 sensus data kry deur die poskode in the vul. Ek het aanvanklik na New South Wales gaan kyk, maar daar is sulke dokumente vir al die state in Australië en ek sal in toekomstige inskrywings na die ander state kyk en moontlik op die ou einde kan aandui waar die meerste oud-Suid Afrikaners "tuis" voel regoor die land.


Die Place of Enumeration Profile vir New South Wales (NSW) bestaan uit 'n versameling van 593 dokumente, gedoen op 'n PER POSKODE basis.  Daar is byvoorbeeld 4646 voorstede in totaal in New South Wales en daar is vir sowat 4450 van hulle sensus data.  Dit beteken dat die gemiddelde aantal voorstede met dieselfde poskode dus omtrent = 7.5 voorstede per poskode


Die "Place of Enumeration Profile" dokumente kan vrylik afgelaai word as ZIP files wat elk 'n Excel spreadsheet bevat.  Indien mens byvoorbeeld die een vir die opsomming van NSW aflaai, kan mens op "Sheet" P 09 sien uit watter bevolkingsgroepe die totaal van
6 585 733
mense in die staat bestaan.  

Die totale aantal Suid Afrikaners wat in die sensus van 2006 getel is en gesê het dat hulle land van afkoms Suid Afrika is, is 32 829 mense.  Dit beteken dat die gemiddelde persentasie van ons oor die hele staat van New South Wales = 0.498 %. 
Indien ons nasie dus goed "ge-mingle" het met die algemene bevolking soos visse in 'n dam, dan sou mens verwag dat een uit elke 200 mense regoor die staat van Suid Afrika af kom.  Maar - dit is egter nie die geval nie!!!  Soos ek nog vir julle gaan uitwys is daar voorstede in New South Wales waar daar een uit elke 8.5 mense bly wat oud Suid Afrikaners is (11.7 % van die hele voorstad).  Dit het my nuuskierigheid nog verder geprikkel het om uit te vind presies in watter voorstede ons ou klomp so saamkoek. Waar kruip die Suid Afrikaners oop en bloot weg ("hiding in plain sight").

Op "Sheet" P 10 van die spreadsheet kan mens die aantal Suid Afrikaners sien wat oor die jare na NSW verhuis het:


Jaar = Aantal
Voor 1991 = 13,972
1991-1995 = 2,757
1996 - 2000 = 7,332
2001 = 1,938
2002 = 1,435
2003 = 1,282
2004 = 1,313
2005 = 1,170
2006 = 766
Nie gesê wanneer = 862

Vir elk van die 593 voorstede is daar so 'n Excel spreadsheet leêr, wat die presiese herkoms en samestelling van elk van die poskodes aandui onder die volgende lande van herkoms:

Australia
Bosnia and Herzegovina
Canada
China (excl. SARs and Taiwan Province)(b)
Croatia
Egypt
Fiji
Former Yugoslav Republic of Macedonia (FYROM)
Germany
Greece
Hong Kong (SAR of China)(b)
India
Indonesia
Iraq
Ireland
Italy
Japan
Korea, Republic of (South)
Lebanon
Malaysia
Malta
Netherlands
New Zealand
Papua New Guinea
Philippines
Poland
Singapore
South Africa
South Eastern Europe, nfd(c)
Sri Lanka
Thailand
Turkey
United Kingdom(d)
United States of America
Viet Nam
Born elsewhere(e)
Country of birth not stated
Overseas visitors

Ek het toe met 'n blink gedagte vorendag gekom en besluit om 'n rekenaar program te skryf wat die volgende vir my kan doen:
  • Om outomaties al die voorstad data in Australië waarvoor daar statistiek is as "ZIP files" af te laai
  • Om die "ZIP files" te "uncompress" na Excel
  • Om die Excel data vanuit die verskillende Excel "Sheets" te myn.
  • Die data net vir New South Wales het meer as 738 Meg beloop.
  • Om totale vir die hele staat uit te werk en vir elke voorstad die volgende inligting te versamel  sodat die voorstede gesorteer kan word volgens verskillende velde soos:

  1. Die Totale bevolking vanuit Australië en ander lande van herkoms in elke voorstad
  2. Die persentasie wat elke voorstad se bevolking uitmaak van die staat se bevolking (wat aandui hoe populêr daardie voorstad is onder die algemene bevolking)
  3. Die aantral oud Suid Afrikaners wat in daardie voorstad bly
  4. Die persentasie wat oud Suid Afrikaners uitmaak van die bevolking van daardie voorstad (die kans om hulle onder die algemene bevolking daar te kry)
  5. Die persentrasie van die staat se totale aantal oud Suid Afrikaners wat spesifiek in hierdie voorstad bly - m.a.w. hoe populêr daardie voorstad is onder die oud Suid Afrikaanse bevolking
  6. Hoeveel Suid Afrikaners bly in die voorstad wat eers na Januarie 2001 daar kom woon het - om 'n idee te kry van watter voorstad is in die laaste dekade die keuse van Suid Afrikaners gewees
  7. Die konsentrasie oud Suid Afrikaners in daardie voorstad per vierkante kilometer (die Suid Afrikaanse bevolkingsdigtheid) - om 'n idee te kan kry van die nabyheid waarin hulle in verskillende voorstede aan mekaar bly
  8. Die mate waarin die persentasie van die Suid Afrikaners wat daardie voostad gekies het groter is as die persentasie van die algemene bevolking wat daardie voorstad gekies het - 'n aanduiding van die kieskeurigheid onder ons om daar te bly (<1 beteken ons verkies dit nie en >1 beteken ons verkies dit om daar te bly)
Dan het ek ook 'n hele paar statistieke versamel uit die Excel leêrs wat julle kan help met die keuse van 'n voorstad om in te bly:
  1. Die mediaan van die bevolking se ouderdom in daardie voorstad.
    (Die mediaan verskil van die gemiddeld in die sin dat die mediaan die waarde is wat presies in die middel van die data reeks lê en daar net so veel mense is met ouderdomme bo en onder die mediaan. Dit kan verduidelik word met die volgende voordeeld:

    Gestel daar is 10 mense in 'n ry met ouderdomme gesorteer van klein na groot:
    10, 12, 18, 21, 22, 23, 25, 26, 90
    Dan is die gemiddeld: 247 / 9 = 27.44
    En die mediaan: 22
    Die gemiddeld word dus buite proporsie beinvloed deur die baie hoë ouderdom van slegs een persoon in die reeks en kan veroorsaak dat dit 'n verkeerde prentjie van die ouderdomme gee waarvan 88% onder die gemiddeld lê.  Dit is daarom dat sensus data eerder van mediane gebruik maak omdat 'n paar persone wat 'n buitensporige hoë inkomste kry nie die verkeerde indruk skep dat 'n arm voorstad eintlik welgesteld is nie.)
  2. Mediaan van die bevolking se maandelikse inkomste per huishouding
  3. Die mediaan van die weeklikse huur in daardie voorstad
  4. Die mediaan van die maandelikse huur in daardie voorstad
  5. Die mediaan van die maandeikse huisverband terugbetaling in daardie voorstad
  6. Die totale maandeliks inkomste van 'n huishouding minus die maandelikse huur (Sodat julle 'n idee kan kry van wat mense in daardie voorstede oor het nadat hulle hul huur betaal het)
  7. Die totale maandelikse inkomste van 'n huishouding minus die maandelikse huisverband
  8. Die persentasie van die bevolking in daardie voorstad wat nog op skool is (sodat julle 'n idee kan kry of 'n voorstad hoofsaaklik uit families met kinders bestaan of uit ouer persone waar die kinders reeds uit die skool is)
Nadat ek al hierdie berekening gedoen het, het ek 'n Excel SpreadSheet geskep van al die voorstede in die staat New South Wales wat publiek beskikbaar is vir julle:

Daar is een wat reeds gesorteer is van meeste na minste totale oud Suid Afrikaners in elke voorstad:  
2006 NSW By Total
Daar is ook een wat reeds gesorteer is van meeste gesog na minste gesog onder Suid Afrikaners volgens die Suid Afrikaanse Kieskeurigheids indeks in elke voorstad:  
2006 NSW By Index

Die heel boonste ry dui die opskrifte aan en die tweede ry dui die totale aan vir die staat NSW.
Alle voorstede se name is in die spreadsheet, en omdat die data per poskode beskikbaar is beteken dit dat daar voorstede in die lys is met presies dieselfde data omdat hulle onder dieselfde poskode val. Julle sal dus sien dat daar 'n "Suburbs" kolom is - dit dui aan hoeveel voorstede in 'n groep van voorstede val wat almal dieselde sensusdata het.  Vir NSW sal dit dus beteken dat "ST IVES" en "ST IVES CHASE" onder dieselfde sensus data sorteer en die totaal van 2005 ex-Suid Afrikaners dus bereken is deur die aantal oud Suid Afrikaners bymekaar te tel in hierdie twee voorstede en NIE TWEE DUISEND EN VYF IN BEIDE VAN DIE voorstede nie.   So hou asseblief dit in gedagte - hulle is oor twee voorstede versprei.

Indien julle die spreadsheet wil sorteer in volgorde van hoogste na laagste mediaan ouderdom, kliek dan byvoorbeeld op die onderstebo driehoek pyltjie wat verskyn wanneer jy jou muis oor enige kolom opskrif beweeg en selekteer "Sort Sheet Z-A".


Op hierdie manier kan jy die data sorteer volgens enige kriteria wat vir jou belangrik is.  

Daar is baie maniere om 'n idee te kry van waar die meeste van ons bly. 
  •  Indien ons kyk na die voorstede waar die meeste Suid Afrikaners (SAs) bly, deur die data te sorteer in afnemende volgorde van totale Suid Afrikaners, dan kry die groter voorstede (of die poskodes wat baie voorstede bevat) 'n onregverdige voordeel omdat daar eenvoudig baie mense bly
  • Wanneer mens weer na die digtheid van Suid Afrikaners per vierkante kilometer kyk, dan word voorstede waar in elk geval 'n hoë digtheid mense bly, uitgelig al is daardie voorstede nie so populêr onder ons mense nie.
  • Kyk mens net na voorstede waar die persentasie SAs uit die totale bevolking hoog is, dan kan dit gebeur dat voorstede met min mense 'n hoë persentasie dra, alhoewel dit eintlik maar min SAs bevat
  • Dis waarom ek dink dat die % van die SAs uit die totale aantal SAs in die staat 'n goeie aanduiding vir ons gee waar die meeste van ons wil bly. In die volgende tabel kan julle die voorstede in NSW met die hoogste persentasie SAs (uit ons totaal) sien (Dis in die voorlaaste kolom aangedui). Die kieskeurigheids indeks (die faktor waarmee meer SAs die voorstad kies as die algemene bevolking) word in die laaste kolom aangedui.




VoorstadVoorstede in poskode groepTotale bevolkingEx Suid AfrikanersSA as % van al die SAsIndex
Totals649725132670
ST IVES21703720056.1423.40463
ST IVES CHASE21703720056.1423.40463
DOVER HEIGHTS31315010903.3416.48471
VAUCLUSE31315010903.3416.48471
WATSONS BAY31315010903.3416.48471
BONDI4305939192.815.97412
BONDI BEACH4305939192.815.97412
NORTH BONDI4305939192.815.97412
TAMARAMA4305939192.815.97412
ROSE BAY192856642.0314.2222
BEAUMONT HILLS4349955991.833.40409
KELLYVILLE4349955991.833.40409
KELLYVILLE RIDGE4349955991.833.40409
ROUSE HILL4349955991.833.40409
NORMANHURST3217905201.594.74599
NORTH WAHROONGA3217905201.594.74599
WAHROONGA3217905201.594.74599
AIRDS18698575121.571.45761
AMBARVALE18698575121.571.45761
APPIN18698575121.571.45761
BLAIR ATHOL18698575121.571.45761
BRADBURY18698575121.571.45761
CAMPBELLTOWN18698575121.571.45761
CATARACT18698575121.571.45761
ENGLORIE PARK18698575121.571.45761
GILEAD18698575121.571.45761
GLEN ALPINE18698575121.571.45761
HOLSWORTHY18698575121.571.45761
KENTLYN18698575121.571.45761
LEUMEAH18698575121.571.45761
ROSEMEADOW18698575121.571.45761
RUSE18698575121.571.45761
ST HELENS PARK18698575121.571.45761
WEDDERBURN18698575121.571.45761
WOODBINE18698575121.571.45761
NORTH TURRAMURRA4197794801.474.82633
SOUTH TURRAMURRA4197794801.474.82633
TURRAMURRA4197794801.474.82633
WARRAWEE4197794801.474.82633
CHERRYBROOK1189984781.465.00381
CLOVELLY2320184711.442.92555
RANDWICK2320184711.442.92555
CASTLE HILL1352134321.322.43984
BELLEVUE HILL186134241.39.79021
BAULKHAM HILLS3489784181.281.69729
BELLA VISTA3489784181.281.69729
WINSTON HILLS3489784181.281.69729
MOSMAN1254893961.213.08975
CROWS NEST5266073230.992.41428
GREENWICH5266073230.992.41428
NAREMBURN5266073230.992.41428
ST LEONARDS5266073230.992.41428
WOLLSTONECRAFT5266073230.992.41428
MAROUBRA2281943250.992.29249
PAGEWOOD2281943250.992.29249
PYMBLE2140213170.974.49636
WEST PYMBLE2140213170.974.49636
ASQUITH4324443170.971.94315
HORNSBY4324443170.971.94315
HORNSBY HEIGHTS4324443170.971.94315
WAITARA4324443170.971.94315






Die St Ives omgewing is dus verreweg die meeste populêr onder ons mense en dis dan ook waar meer as 6% van al die SAs heen verhuis.  Die area word 23 keer eerder verkies deur oud Suid Afrikaners as deur die algemene bevolking.

Ek het toe besluit dit is belangrik om hierdie getalle op 'n kaart te kan voorstel om 'n beter idee te kan kry van hoeveel van ons oud landgenote in elke voorstad woonagtig is in NSW.



Soos julle kan sien is daar heelwat voorstede sonder enige "erkende" oud Suid Afrikaners, 'n hele 798 het geen oud Suid Afrikaners in hulle nie, en 2217 voorstede het minder as 20 Suid Afrikaners.  Dit beteken dat daar in 2217 uit die 4450 (50 % persent van die voorstede in NSW wat getel is) minder as 20 Suid Afrikaners woon! (Noem die getal maar ons penetrasie in die bevolking in).  Weereens is ons nie so wydverspreid nie, maar eerder gekonsentreerd en dus baie kieskeurig oor waar ons bly.


Ek het toe 'n Google Map geskep wat al die voorstede in NSW aandui met 50 of meer oud Suid Afrikaners wat daar bly.  (Die wat 50 en meer SAs bevat is 1169 voorstede / 4450 = 26 % van die voorstede)   
Hier is die skakel na die kaart gesorteer volgens totale : 
2006 NSW By Total



Die kaart vertoon voorstede met gekleurde vlaggies na gelang van die aantal Suid Afrikaners wat daar bly. 
met 300 en meer Suid Afrikaners as Rooi
met tussen 150 en 299 Suid Afrikaners as Groen
en tussen 50 en 149 oud Suid Afrikaners as Blou

Ek het nie die interaktiewe kaarte ingebed op die blog nie aangesien dit baie tyd neem om dit te laai.  Die kaarte het meer as een "bladsy" van 200 voorstede op 'n slag gesorteer van die meeste na die minste en julle kan op die linkerkantste venster kliek en die vlaggie sal dan na die spesifieke voorstad spring en 'n verdere ballon met meer inligting oor elke voorstad aandui.



Hier kan julle sien waar oral daar meer as 300 Suid Afrikaners bly deur na die rooi vlaggies te kyk.  Baiemaal verteenwoordig 'n hele klomp voorstede 'n enkele poskode se statistiek, maar ek het dit as aparte vlaggies op die kaart aangedui.  'n Groot klomp SAs bly in die suid ooste, die noord weste, die omgewing nader aan Campbeltown in die suide asook die Central Coast.  Hierdie kaart wys egter nie 'n volle prentjie nie, want in die suide blyk dit dat daar heelwat Suid Afrikaners bly, maar hulle bevolkingsdigtheid is laag en die persentasie wat hulle van die algemene bevolking uitmaak is nie baie hoog nie - die area het eenvoudig 'n baie groot deel van die bevolking wat daar bly en die enkele poskode se SA data is oor 'n groot hoeveelheid voorstede verdeel. 


Daarom moet 'n mens eerder na die kieskeurigheids indeks kyk, want dit wys vir ons waar is die groepering van SAs hoog in vergelyking met die algemene bevolking.  

Die kaart waarna ek verwys is gesorteer volgens die kieskeurigheids indeks :
2006 NSW BY Index Julle kan uit zoom op die kaarte om meer van NSW te sien of in zoom om na spesifieke voorstede te kyk.




Weereens word slegs voorstede met 50 en meer SAs aangedui asook waar die kieskeurigheids indeks gelyk is aan 1 en meer.  
Voorstede waar die indeks bo 3.5 is, is in Rooi aangedui 
Voorstede waar die indeks tussen 1.5 en 3.5 lê is in Groen aangedui 
Voorstede waar die indeks tussen 1 en 1.5 lê is in Blou aangedui


Die Indeks waarna ek verwys, word as volg bereken:  

Indeks = 
(Bevolkingl SAners in voorstad / Totale SAners in NSW) / 
(Bevolking in voorstad / Totale Bevolking in NSW)

Indien mens die (Bevolking in voorstad / Totale Bevolking in NSW) bereken kry mens die breukdeel van die totale bevolking wat in daardie voorstad bly.

Indien die Suid Afrikaners dus die univorme patroon van die algemene bevolking gevolg het, sou die SA breukdeel presies gelyk gewees het aan die een van die algemene bevolking...

(Bevolking SAs in voorstad / Totale SAs in NSW) 
(Bevolking in voorstad / Totale Bevolking in NSW)

en dan sou die kieskeurigheid indeks = 1

Maar, indien daar een of ander vorm van kieskeurigheid aan die werk was, sou die breukdeel vir die Suid Afrikaners wat in daardie voorstad bly (uit al die Suid Afrikaners in NSW) hoër as die algemene bevolking syne wees.  Indien mens dus die een deur die ander deel kry mens met hoeveel die breukdeel groter is as die breekdeel vir die algemene bevolking:

Kieskeurigheids Indexs

= 1 (Die SA-ners (Suid Afrikaners) se breukdeel is dieselfde as die bevolking syne)

= groter as 1 (Dui aan hoeveel eerder die Suid Afrikaners in hierdie voorstad wil bly as ander voorstede)

kleiner as 1 ('n kleiner breukdeel van die totale aantal Suid Afrikaners bly daar as die algemene bevolking)

Hierdie indeks gee vir my dus 'n aanduiding van die mate waarin Suid Afrikaners hierdie voorstad bo ander voorstede verkies.



Skielik kan mens 'n duidelike patroon agterkom.  Die suid ooste dui 'n merkbare groepering SAs asook die noord weste.  Die suide en rondom Campbeltown het heeltemal weggeval en daar is feitlik geen groot persentasies SAs in die omgewing suid van die Parramatta rivier nie.  Die Central Coast het ook uit die rooi verdwyn.  


As julle na 'n spreadsheet wil kyk wat slegs die rooi/mees populêre voorstede in NSW bevat, hier is 2006 NSW Top Gesorteer volgens Index.


Indien jy meer wil weet oor daardie voorstad kliek net op die reëndruppel:




Indien julle op die Map skakel kliek neem dit julle na die Google map van daardie voorstad.
Daar is ook 'n skakel na die oorspronklike 2006 Sensus Excel data indien jy dieper wil delf.
Daar is ook 'n skakel na die gedetailleerde voorstad profiele by Domain.com.au
Of, julle kan op die realestate.com.au skakel kliek om vir huur eiendomme te soek in daardie spesifieke voorstad.


Vanuit die kaart kan julle sien dat die voorstede met die meeste Suid Afrikaners in hoofsaaklik drie groeperings op die kaart voorkom:


'n Merkbare hoeveelheid Suid Afrikaners het gaan vestig in die suid-ooste van Sydney nader aan die bekende Bondi strand. Die bevolkingsdigtheid hier is baie hoog en dit is ook van die oudste woonbuurte in Sydney.  Die voorstede wat met rooi vlaggies aangedui is met 300 en meer SAs, het ook van die hoogste Suid Afrikaanse bevolkingsdigthede in die hele Australië.  


Hier is 'n tabel met 'n uittreksel van die oostelike voorstede met die hoogste kieskeurigheids indeks vir Suid Afrikaners asook die hoogste bevolkingsdigthede. 




Suburb nameSuburbsEx South Africans (SA)SA as % of all personsSA as % of all SAsIndexArrived since 2001SA Per Sq KmMedian AgeChildren at school as % of total
DOVER HEIGHTS310908.293.3416.485227236.963917.71
VAUCLUSE310908.293.3416.485227236.963917.71
WATSONS BAY310908.293.3416.485227236.963917.71
ROSE BAY16647.152.0314.222193255.383713.99
BELLEVUE HILL14244.921.39.790103201.93615.33
DOUBLE BAY11273.080.396.11636141.113911.26
BONDI491932.815.974211255.28347.98
BONDI BEACH491932.815.974211255.28347.98
NORTH BONDI491932.815.974211255.28347.98
TAMARAMA491932.815.974211255.28347.98
DARLING POINT32362.920.725.81449147.5467.92
EDGECLIFF32362.920.725.81449147.5467.92
POINT PIPER32362.920.725.81449147.5467.92


Per vierkante kilometer is daar 'n indrukwekkende:
255 per vierkant kilometer in Rose Bay en Bondi !
Dit beteken daar bly 'n familie van 4 Suid Afrikaners in elke 125 by 125 meter blok. 

Tussen 3 en 7.15 % van die totale bevolking in daardie voorstede is Suid Afrikaners
2.81 % van al die Suid Afrikaners in NSW het besluit om in Bondi te gaan bly bo ander voorstede.
En Rose Bay is 14.2 keer meer gesog onder Suid Afrikaners as onder die algemene bevolking.  


Wanneer mens al die voorstede in die HELE LAND sorteer volgens die hoogste konsentrasies Suid Afrikaners per vierkante kilometer, dan is dit ook hierdie voorstede wat ook die heel hoogste konsentrasies per vierkante kilometer in die HELE Australië huisves.


Wanneer ons nou ons blik verskuif na die Noorde en Noord Weste van Sydney, is dit juis waarnatoe die visier van die meeste nuwe Suid Afrikaanse boorlinge nou verskuif het.




Wanneer ek die noord en westelike voorstede met die hoogste kieskeurigheids indeks uitsoek, kry ons die volgende:




Suburb name
Suburbs
Ex South Africans (SA)
SA as % of all persons
SA as % of all SAs
Index
Arrived since 2001
SA Per Sq Km
Median Age
Children at school as % of total
ST IVES
2
2005
11.77
6.14
23.405
453
112.64
42
21.43
ST IVES CHASE
2
2005
11.77
6.14
23.405
453
112.64
42
21.43
CHERRYBROOK
1
478
2.52
1.46
5.004
173
56.9
38
22.6
NORTH TURRAMURRA
4
480
2.43
1.47
4.826
127
21.82
43
19.88
SOUTH TURRAMURRA
4
480
2.43
1.47
4.826
127
21.82
43
19.88
TURRAMURRA
4
480
2.43
1.47
4.826
127
21.82
43
19.88
WARRAWEE
4
480
2.43
1.47
4.826
127
21.82
43
19.88
NORMANHURST
3
520
2.39
1.59
4.746
151
32.7
41
20.46
NORTH WAHROONGA
3
520
2.39
1.59
4.746
151
32.7
41
20.46
WAHROONGA
3
520
2.39
1.59
4.746
151
32.7
41
20.46
EAST KILLARA
2
275
2.34
0.84
4.659
77
31.98
42
21.02
KILLARA
2
275
2.34
0.84
4.659
77
31.98
42
21.02
PYMBLE
2
317
2.26
0.97
4.496
75
32.68
40
23.59
WEST PYMBLE
2
317
2.26
0.97
4.496
75
32.68
40
23.59
GORDON
1
130
2.21
0.4
4.386
28
34.21
43
20.25
WOOLLAHRA
1
133
1.89
0.41
3.763
34
110.83
40
9.57



Hier sien ons dat St Ives se kieskeurigheids indeks 23.41 keer hoër is as die algemene bevolking syne.  Hierdie is 'n baie baie populêre voorstad vir Suid Afrikaners!!
'n hele 2005 oud Suid Afrikaners bly daar.


6.14 % van alle Suid Afrikaners in NSW bly in St Ives.  Daar is selfs 'n verwysing na die baie Suid Afrikaners in hierdie voorstad op Wikipedia !

en verder maak oud Suid Afrikaners 'n hele 11.77 % val alle persone in daardie voorstad uit.  Dit beteken een uit elke 8.5 mense in daardie voorstad is 'n oud Suid Afrikaner en in elke negende huis bly oud Suid Afrikaners.  Ek het al gehoor hulle sê Aussies kla dat hulle kinders 'n Suid Afrikaanse aksent optel by die baie Suid Afrikaanse kinders in die skole daar in St Ives.



Die volgende noordwestelike Sydney voorstad wat ook 'n hoë kieskeurigheids indeks het is Cherrybrook met 'n indeks van 5 keer die gemiddeld van die res van die bevolking !
Dit is dus nie vreemd dat sommige mense hierdie voorstad al Kersiefontein noem nie. Ons kinders is ook in hierdie omgewing op skool. Daar is 'n baie goeie publieke skool Cherrybrook Technology High School met amper 2000 kinders.


Wanneer ons 'n vergelyk trek tussen die suid oostelike voorstede en die noord westelike voorstede sien mens dat:

  • Die suid oostelike voorstede baie minder kinders van skoolgaande ouderdom bevat as die in die noord weste
  • Die suid ooste se ouderdom jonger is as in die noord weste
  • Dat, alhoewel die noord weste baie Suid Afrikaners huisves, die SA geografiese bevolkingsdigtheid in die suid ooste baie hoër is as in die noorde en die mense daar in die ooste baie nader aanmekaar moet leef.
Let ook op hoe naby die Suid Afrikaners aan die treinstasies bly al langs die Northern Line en North Shore lyn af...THORNLEIGH, NORMANHURST, WAHROONGA, WARRAWEE, TURRAMURRA, PYMBLE, GORDON, KILLARA...


Nuwe voorstede waarheen die SAs vinnig besig is om te versprei is CASTLE HILL, DURAL, GLENHAVEN, KENTHURST, BEROWRA, ANANGROVE, ROUSE HILL, KELLYVILLE, KELLYVILLE RIDGE, BEAUMONT HILLS, STANHOPE GARDENS, PARKLEA, QUAKERS HILL, BAULKHAM HILLS, BELLA VISTA, GLENWOOD, PENNANT HILLS.


Hierdie inligting is alles bekom deur slegs die inligting betreffende oud Suid Afrikaners vanuit die sensusdata van 2006 te onttrek.  Daar sal later in die jaar meer op datum inligting beskikbaar wees.  Soek gerus op die kaarte deur aan die linkerkant onder die "Next" skakel te kliek om te sien waar oral daar Suid Afrikaners wegkruip - want hulle deerweek die Australiese samelewing. 


Ek sal in komende aflewerings oor die voorstede in die res van die land skryf.


Ek sal julle terugvoer waardeer.

As julle graag hierdie blog inskrywing vir julle vriende wil epos, kliek op die koevertjie aan die onderkant van die blog, of kliek hierso.

No comments:

Post a Comment

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings