Saturday, January 15, 2011

Interaktiewe lugfotos met super fyn 2 cm resolusie van Brisbane

Die Aussie karterings maatskappy NearMap, het hierdie super fyn resolusie lugfotosfoto diens gratis beskikbaar gestel sodat die astronomiese vloedskade in Brisbane duidelik word. Die fotos is Donderdag geneem vanuit 'n Cessna vliegtuig en met behulp van 'n rekenaarprogram outomaties aanmekaar gelas.


View Large Map

Kliek op "View Large Map" om die vol grootte kaart te kan sien. Mens kan ook 'n datum voor die vloed kies om te sien hoe dit verander het. Daar is selfs 'n "MultiMap" fasiliteit wat jou 'n 3D uitsig oor Brisbane wys.

Sunday, January 02, 2011

'n Nuwe jaar breek aan...ons 4 de nuwejaar in Sydney

Dit is Vrydagaand 31 Desember 2010. 'n Heerlike hittige somerdag was agter die rug en ons is almal met kort somersklere oppad na Cremorne Point in Sydney.

Ons het besluit om hierdie jaar af te sluit deur na die vuurwerke in Sydney hawe te gaan kyk.  Die stadsraad het blykbaar $5 miljoen gespandeer om hierdie jaar se vuurwerke onvergeetlik te maak.  Ons het dit nog altyd oor die TV bekyk, maar wou hierdie jaar saam met die beraamde 200 000 mense in die stad die skouspel gaan ervaar.  Ons het tot by Bydown straat gery, waar on die motor geparkeer het en toe sowat 2.5 km gestap tot by die Cremorne Reserve.  Dit was 'n perfekte aand om in die stad te wees, want die lug was heeltemal oopgetrek en mens kon die suiderkruis duidelik in die aandlug sien.  'n bykans 200 grade panorama van die stad se liggies het rondom ons gelê.  Dit was asof al die veerbote en seilskepies in die hawe hulself goed wou posisioneer om die beste uitsig van die sowat 5 vuurwerk punte te kry.  Oral was families met kinders wat op kampstoele en in klein tentjies gesit en wag het op die ligvertoning.  Heelwat seilskepe wat soos krismisbome versier was het op en af deur die hawe geseil.

Ons was saam met vriende en het vir ons piekniekmandjies gepak en lekker gesit en gesels en kuier.  Die area waar ons was was 'n "Alcohol free zone" en hopelik was die enigste dronkies wat daar was die' wat reeds op 'n ander plek "opgevul" was.  By die Operahuis en hawebrug was daar natuulik 'n "musical" aan die gang, en die vuurwerke sou met musiek gesinchroniseer wees, wat ons ongelukkig nie kon hoor van waar ons sit nie, maar ons het dit op die TV opgeneem. Julle kan daarna kyk by hierdie skakel.

Die vuurwerke was natuurlik asemrowend, veral met die maanblanke see waarop die vuurwerke weerkaats het.

Ek het so 'n paar fotos geneem. My kamera was gestel op : manual focus (infinity), 1 sekonde shutter priority en 200 ISO. Hier is die fotos.




Ek bid julle 'n wonderlike jaar toe vol hoop en nuwe geleenthede.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings