Tuesday, August 25, 2009

Welkom op die plaas

Ons het Vrydagaand na werk vertrek. Ek het besluit om die Groot Westelike Hoofweg te neem omdat ons in die aand sou moes ry en ek nie allerhande onbekende paadjies wou ry nie. Wanneer ons egter teruggekom het om Sondag het ek die alternatiewe roete vanaf Lithgow via die Kurrajong roete teen die berge af geneem terug Castle Hill toe. Ons het so om en by nege uur by die plaas aangekom. Die plaasmense was so gaaf om reeds die kaggel aan die brand te steek. Ons is ook begroet met twee borde Spagetty en maalvleis. As mens by die plaasopstal se hek aankom word jy met die volgende begroet...




Dit is 'n baie netjiese drieslaapkamerhuis met 'n volledig toegeruste kombuis en ook 'n sonkamer. Daar is was beide gas verhitting en 'n "Internal Combustion Fire", wat soort van 'n kaggel is, maar wat toe is soos 'n antrasiet verwarmer.



Reg rondom die huis strek die 40 hektaar groen gras na elke kant. Daar is ook bome, 'n paar skure en groot reënwater tenks. Die mense in hierdie geweste is baie op reënwater aangewese.



As mens hier op die plaas is, vergeet mens die beknoptheid van die stad. In die stad kos selfs 500 vierkante meter grond 'n plaas se prys en die mense leef baie naby aan mekaar, maar hier op Bathurst strek die spasie uit na alle kante.




Kyk na die volgende foto wat ek langs die huis geneem het.



Ook binne in die huis was dit heerlik gerieflik. Lekker sagte matte, mens wil jou sommer uitstrek voor die 'kaggel'.



Die aand van ons aankoms het ons hier 'n lekker wyntjie gedrink en na ete lekker koffie met kondensmelk in gedrink.



Alles wat mens nodig het is hier vir 'n wegbreek naweek, selfs 'n wasmasjien as jy langer sou wou bly.



Daar is so 19 beeste op die plaas en 'n hele paar skape. Die 'boer' het al die jare in Sydney gebly en nou hier kom afree saam met sy vrou.

Die nagrus wat mens hier kry is ongelooflik. Doodstil. Mens slaap soos 'n klip. En as jy in die oggend wakker word, word jy begroet met 'n miskombers wat oor die omgewing gedrapeer is.





In die verte kan julle die boer se skuur deur die mis sien.



As mens in Bathurst se rigting kyk, hang daar ook 'n miskombers oor die dorpie.

Soos wat die oggendson se strale die aarde opwarm verdwyn die mis voor die son.

Net om julle so 'n gevoel te gee, hier is 'n kort video van die klanke vroegoggend op die plaas.







Hierdie skape is "low maintenance" sheep soos die boer ons verduidelik en kry nie soveel wol soos die Merino skape nie. Hy hou hoofsaaklik ooie aan en verkoop die rammetjies.





...mens kan maar droom...

Vind meer uit oor die mense (Michael en Anne) en die plaas by:
www.bathurstfarmstay.com.au
Die presiese posisie van hul plaashek is hier
Hulle was baie gasvry.

No comments:

Post a Comment

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings