Wednesday, August 26, 2009

'n Besoek aan die renbaan

Hoe dan anders as om 'n draai of twee te gaan gooi op die bekende Mount Panorama resiesbaan waar daar gereeld internasionale motorwedrenne gehou word.

Wanneer die gebrul van kragtige sportmotors nie gehoor word nie, vorm die Mt Panorama resiesbaan 'n "SCENIC DRIVE" op teen die Mt Panorama koppie vanwaar mens 'n heerlike uitsig oor Bathurst en omgewing kan geniet.

Hier is 'n video van 'n paar renmotors rondom hierdie renbaan...



Hier is so 'n paar fotos wat ons geneem het om die baan.




Supercheap Auto is 'n motor onderdele winkel amper soos Midas in Suid Afrika en borg gereeld die V8 SuperCars.












Bob Jane T-Marts is ook 'n bekende motor bande en "mags" handelaar hier in Aus.


Hier is 'n panorama soos gesien van heel bo Mt Panorama. (Kliek daarop om te vergroot)

Nog 'n panorama in 'n oostelike rigting. Let veral op na die laslappie lande in die omgewing.





'n Foto vanaf Mt Panorama in Bathurst, NSW

No comments:

Post a Comment

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings