Monday, August 24, 2009

Lente is in die lug, tyd vir 'n wegbreek

Sedert laasweek hang die vars geur van lentebloeisels in die lug elke oggend as ek in die pad afstap. Dit is weer lente! Vandag was heerlik warm, dalk het die seisoen gedraai. Die somer is oppad...

My vrou het nou onlangs verjaar. Ek het besluit om haar te verras met 'n wegbreek naweek net die twee van ons. Sy het tot op die laaste nie eens geweet waarheen ons gaan nie. Die bestemming was aan die anderkant van die blou berge, tussen die uitgestrekte grasvlagtes van Bathurst, New South Wales. Dit is landbougemeenskappe daardie, en watter beter plek as om te gaan bly op 'n regte plaas...

Kliek op die fotos om dit te vergroot.




Die omgewing hier verskil heelwat van die beboste heuwels van Sydney en omgewing...baie meer soos die grasvlaktes van Betlehem in die Vrystaat.

Kyk bietjie na die volgende 2 panoramiese fotos van Bathurst se omgewing...julle kan deur die muis se knoppie in te hou in die foto rondkyk en selfs inzoem.

'n Plaas naby Bathurst, NSW



Die volgende foto is van die plaas waar ons gebly het, hierdie was die uitsig vanaf die plaashuis waarin ons gebly het. In die agtergrond kan julle die klein dorpie Bathurst sien. Daar bly net so bietjie meer as 30700 mense hier.

Die plaas waarop ons gebly het naby Bathurst, NSW






Ek het nog tonne fotos om julle te wys, kliek, zoem in en kry 'n idee van hoe dit hier lyk.

No comments:

Post a Comment

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings