Thursday, August 13, 2009

Bush Telly

Bush Telly is die Aussie benaming van 'n Kampvuur.

Indien julle belang stel om die TV programme te kyk wat ons hier in die land "Down Under" kyk, hier is 'n site waarop julle 'n lys daarvan kan kry:

Australian Free TV Online sites

Vir lewendige Aussie TV nuusuitsendings gaan na : News.com.au

Ons gunsteling kanaal is : Kanaal 7

Kyk elke dag na die nuutste episode van Australië se sepie "Sewende Laan" wat by Palm Beach (alias Summer Bay) afgeneem word :
Home and Away

Nog 'n gewilde sepie is: Packed to the Rafters (wat heelwat toekennings by die Logies gewen het)

Of kyk na die nuutste weergawe van Today Tonight, wat amper soos "Carte Blanche" is.

Seker een van die beste programme is Better Homes and Gardens vir huisverbeterings (amper soos die "Die Nutsman", maar dek ook koskook en binneversiering)

Of vir mense wat in lewensredding belang stel is daar Surf Patrol.

Gaan loer gerus ook in by Kanaal 10 waar julle ook na "HEAPS of" TV programme kan kyk.

Ons hou nogal van die speletjiesprogram "Talkin bout your generation"

Daar is ook The 7-PM project.

Hier is Kanaal 9 se TV webtuiste met spesifiek die TV episodes.

Dan is daar ook ABC se iView. Hierdie kanaal het baie meer dokumentere programme.

Julle kan ook na van SBS TV se volledige episodes gaan kyk. Soos James May (van Top Gear) se 20th Century

My een groot gunsteling op SBS is Top Gear met Jeremy Clarkson.

No comments:

Post a Comment

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings