Thursday, October 16, 2008

Oppad met die Prinse Hoofweg en die Suidelike Snelweg

Ons was mos die naweek bietjie Jervis Baai toe. Julle onthou seker dat ons al 'n vorige maal daar was. Hierdie keer het ons egter bietjie by Sanctuary Point, direk langs die binnelandse meer St. George's Basin tuis gegaan. Ons het hierdie keer egter nie met die Hume Hoofweg en deur die Suidelike Hooglande gery nie, maar ek het besluit om hierdie keer eerder die Suidelike Snelweg ("Southern Freeway") oftewel die N1 te neem om te sien of dit nie vinniger ry nie. Die rit het ons so net by die 3 ure geneem. Hier is die roete wat ons gevolg het. Mens moet net onthou om vanaf Silverwater Rd, die New Illawarra Rd te neem, want die GPS is geneig om mens altyd via die stad te probeer lei. Daarna volg mens net die Prinse Hoofweg tot dit later die N1 word. Die pad systap onder andere vir Wollongong en 'n klomp van die kleiner kusdorpies soos Shellharbour en Kiama. Die pad verleen asemrowende uitsigte langs die kus en by Gerringong (wat volgens oorlewering "'n gevaarlike plek" beteken) draai die pad na die groen binneland toe en gaan deur die baie mooi dorpie Berry en daarna Nowra, voordat jy by Jervis Baai uitkom.

Die volgende fotos het ek naby Gerringong langs die New South Wales Princes Highway afgeneem. Hier kan julle die kaart en die street view sien.

Soos julle kan sien is die omgewing pragtig groen.

Ek dink ons moet gerus eendag hier 'n draai kom maak.



Omdat ek van mooi dinge, en veral blomme hou, het ek die volgende twee fotos daar geneem.

Hier is een met die see in die agtergrond.

Die pad Berry toe is besaai met mooi groen gras en plaashuise. Soos julle kan sien is hier min van die alombekende bloekombome.


Oppad het die Southern Freeway (Die N1) deur die klein dorpie Berry geloop. Ek moet sê, ek hou nogal van Berry. Ons het daar gestop vir verversings en die mense op straat het baie vriendelik en ontspanne voorgekom - heel anders as in die stad. In die IGA (amper soos Shoprite) het ek sommer met iemand 'n geselsie aangeknoop en vra toe vir haar hoe gereëld hulle Sydney toe ry. Sy sê toe: Wel, omtrent net op verjaarsdae en spesiale geleenthede. (Snaaks hoe mens steeds vir 'n "outing" na die groot stad toe wil kom).

Ons het uitgesien na ons naweek, en ons was gestewel en gespoor, of dalk moet ek sê: "ge-snorkel en ge-masker", want sien, ons was van plan om bietjie in die marine parke in die see by Jervis Baai te gaan snorkel.

No comments:

Post a Comment

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings