Saturday, October 18, 2008

Jervis Baai

As 'n mens op Google Maps gaan soek na Jervis Bay, is dit interessant om uit te vind dat dit in die ACT (Australian Capital Territory) se grondgebied val, en nie soos verwag in New South Wales nie. Die rede daarvoor is omdat Jervis Bay in werklikheid aan die Commonwealth van Australië behoort en nie aan NSW nie. Dit is in 1915 deur die Commonwealth regering wat in Canberra gesetel is van NSW gekoop en dit word sederdien as deel van die ACT volgens die ACT wette bestuur. Al die state in Australië het mos hul eie regerings (NSW se regering is byvoorbeeld gesetel in Sydney), maar die federale regering is gesetel in Canberra vanwaar hulle die Australiese Statebond ("Commonwealth") bestuur. Onthou...Australië is mos nog nie 'n republiek nie...ons is 'n statebond, en val nog onder die Koningin van Engeland, Koningin Elizabeth II, wat ook bekend staan as "Queen of Australia". Hier kan julle sien watter lande nog onder die koningin val. Dit is dan ook waarom so baie natuurlike erfenisse en selfs militêre instellings "Royal" as voorvoegsel het.

Jervis Baai het sy naam gekry van Admiraal John Jervis in 1791 en is ook die plek waar die Australiese Koninklike Vloot (Australian Royal Navy) se Vlootopleidingskollege geleë is. Dit is hier in die Booderee Nasionale Park by die vlootbasis HMAS Cresswell waar die Australiese vlootoffisiere opgelei word. Dit is vernoem na 'n luitenant Sir William Rooke Cresswell (1852-1933) wat beskou word as "die vader van die Australiese vloot" omdat hy dit help stig het. HMAS beteken "Her Majesty's Australian Ship". Booderee beteken "Bay of Plenty". Julle kan dus sien dat hierdie omgewing baie belangrik is op beide militêre gebied. Die omgewing is ook 'n marine bewaringsgebied en huisves 'n rykdom van seelewe.

Ek het vroeër vanjaar in Junie bietjie fotos van Jervis Baai hier op my blog geplaas toe ons die eerste keer hier was.

Hier is 'n paar fotos wat ek by Chinaman's Beach geneem het in die "baai van oorvloed". Dit is reg langs Hyams beach.

Die hele gebied rondom Jervis baai van so 16 km by 10 km is 'n marine natuurbewaringsgebied met snorkelplekke waar jy 'n oorvloed visse kan sien. Dit is ook die plek waar baie visse (insluitende kleiner haaie wat van klein seediere leef) kom in die somermaande om te kom eiers lê. Daar is ook baie dolfyne omdat hulle geen natuurlike vyande daar het nie.


Hulle beroem hulle natuurlik op die feit dat Jervis Bay (spesifiek Hyams beach waar ek hierdie fotos geneem het) in die Guinness Book of World records is vir die wêreld se witste stande. Mens kan met die White Sands walk langs die strand afstap...onthou net om jou sonbrille te bring.

Hier is 'n paar fotos wat ek geneem het van "haar majesteit se Australiese skip" (HMAS), besig om die vlootoffisiere deur hul passies te sit.


Foto by Chinaman's Strand. Op baie plekke sal mens sommer so langs die strand 'n bankie sien waar jy en jou vroutjie oor die see kan sit en uitstaar.

Die volgende foto het ek met my kamera se flits in die strand se toilette afgeneem. Gelukkig het ek die kalant wat in die donkerte geskuil het raakgesien. Hy is omtrent so 8 cm met pote en al. Ek het hom net so gelos. Ek is seker iemand gaan 'n "groot surprise" kry as hy daardie toiletrol so 'n spin gaan gee....hehe.

1 comment:

  1. Ons is so dankbaar dat julle so baie rondry en al die mooi fotos met ons deel. Dan sien en leer ons ook van die aderkant van Aus. Nou dat ek die foto van die skip gesien het kan ek seker maar met julle ook iets deel?
    Die wêreld se grootste passasiers skip was hier in Albany.
    Gebou in 1914, die MV Doulos is tuiste vir 330 Christen volunteers van 50 nasies.

    The Doulos het die wêreld se grootste aanboord biblioteek, met meer as 6,000 titels.


    Vir Albany was dit nogal n groot gebeurtenis.

    Lekker naweek.Groete aan julle almal. Sien uit na die volgende post.

    Ps. Daai spinnekop,,,, daar is definitief te min toiletpapier vir altwee van ons,,, ha ha ha

    ReplyDelete

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings