Sunday, October 19, 2008

Die Scribbly Gum met die natuur se graffiti

Ons het by Chinaman's beach hier by Jervis Baai bietjie op die rotse rondgeloop en na die baie seelewe op die rotse gekyk. Hier is so twee fotos.


Naby die Chinaman se strand, is daar 'n uur lange staproete wat die "Scribbly Gum" roete genoem word. 'n Scribbly Gum (Eucalyptus haemastoma) is 'n soort Eucalyptus boom met 'n klomp "scribbles" op sy bas. Dit is die natuur se weergawe van Graffiti. Dit word veroorsaak deur 'n klein grys mot se larwas. Die mot boor 'n gaatjie deur die scribbly gum se bas wanneer dit nog die boom bedek en lê sy eiers onder die bas. Wanneer die mot se eiers dan uitbroei, dien die bas as beskerming en die larwas eet hul "graffiti" oral oor die boom onder die bas. Wanneer die eucalyptus boom dan sy bas verloor omdat die stam rek en groei, dan bly hierdie vreemde gekrap/"scribbles" op die bas agter, wat vir ons lyk soos insek graffiti.

Hier kan julle so 'n scribbly gum sien.

Die roete is maar redelik droog, maar daar is heelwat blomme en plante om te besigtig. Hier kan julle so 'n paar vygies sien.




Die volgende foto het ek geneem van die swaardgras wat oral langs die roete gevind kan word. Dit lyk baie soos die swaardgras wat ek in Suid Afrika gesien het. Die volgende rooi en geel blommetjies van so 2 cm groot groet op hierdie swaardgras.

Kyk bietjie mooi na die volgende foto, want mens kyk dis maklik mis....ek het dit inderdaad reggekry om 'n foto van 'n skoenlapper te neem. Hulle sit mos amper nooit lank genoeg stil vir mens om 'n foto van hulle te neem nie. Die skoenlapper in die foto is die "Sword-grass Brown" Swaardgras vlinder (Tisiphone abeona albifascia). Gaan kyk ook na ander Australiese vlinders by die Victoria Museum wat verantwoordelik is om rekord te hou van alle moontlike diere spesies in Australië. Mens kan ook die vlinders wat jy afneem daar identifiseer.

Hier is 'n artikel wat verduidelik waar die skoenlapper sy kolle kry.

Hier is 'n foto van 'n paar insekte wat baljaar op 'n blommetjie.


Ek is seker as jy al in die Drakensberge gaan stap het sal jy die volgende plant herken...dit vervuil mos oral. Dan, wanneer dit uitdroog vorm dit sulke onooglike bruin varingagtige bosse wat jou bene krap as jy daarby verbystap. Hulle is hier ook.

No comments:

Post a Comment

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings