Wednesday, June 11, 2008

Die gras is groener in die hooglande

Nou ja, soos belowe is ek terug van ons lekker langnaweek af met 'n verskeidenheid van fotos - net reg om te geniet.

Ons het besluit om die Hume Snelweg oppad Canberra toe te neem en dan deur die Suidelike Hooglande van New South Wales te ry (in stede daarvan om langs die kus te ry) om sodoende ons 'n kykie te kon kry van die groen binneland van NSW.

Nadat ons so 'n derde van die afstand Canberra toe gery het, het ons by Aylmerton afgedraai. Die eerste dorpie wat ons teëgekom het was Mittagong.



Dis 'n pragtige dorpie, met lieflike boomryke erwe en 'n rustige landelike atmosfeer. Daar is 'n ook 'n kuns roete. Daar is meer inligting oor die gebied by http://www.highlandsnsw.com.au/ Een voorbeeld is die Tradisionele Ystersmid in Mittagong.

Van daar af het ons verder gery en deur Bowral gery. Bowral is in die Wollondilly gebied van die hooglande. Daar is ook ander komiese name soos: Burradoo, Bong Bong, Illawarra, die Wingecarribee Dam, Yarrunga, Bellawongarah, Cambewarra, Nowra en Bundanoon Creek.



Ons het die volgende roete gevolg deur die hooglande na Jervis Bay aan die kus:


View Larger Map

Oral waar mens ry is dit groen, wel baie groen. Die plantegroei wissel van lowergroen velde tot tropiese woude soos wat mens van 700m bo seevlak begin afdaal na die kus.

Ons het hierna met die "Sheepwash road" verder gery, verby die Wingecarribee en Fitzroy damme en toe by die Fitzroy waterval 'n draai gemaak.





Die waterval is sowat 82 meter hoog en val in Kangaroo Vallei af wat deel uitmaak van die Morton National Park.

Julle kan ook na my foto vertoning gaan kyk vir hierdie deel van die roete.



Hierna het ons in Kangaroo Vallei afgedaal met 'n taamlik kronkelende pad. Naby Barrengarry gaan mens oor die Kangaroo rivier:



Hier is 'n foto geneem in die dorpie: "Kangaroo Vallei".



Nog 'n foto geneem op die Moss Vale pad oppad na Nowra.



Julle kan ook die 26 megapixel foto gaan aflaai as julle wil (dis so 4 Meg groot).




Dis nogal moeilik om die prag en skoonheid van hierdie wêreld regtig op fotos te kan weergee, maar ek probeer om dit vir julle so lewendig moontlik te maak en daarom het ek sommer vir julle 'n video wat ek by die Fitzroy waterval geneem het ingesluit...




Volgende post...meer oor ons tydjie by Jervis Bay....

1 comment:

  1. Wow,wow, wow. Baie dankie dat jy al die moeite doen om die langnaweek en die mooi land met ons te deel. Dis nogal amazing hoe van die fotos mens laat dink aan plekke in SA. Veral Pelgrimsrus, God'window en die een het wraggies soos die 3 rondawels gelyk. Die watervalle is amazing. Ver en lang pad , maar met sulke mooi dinge om waar te neem en te waardeer is dit mos die moeite werd. So bly julle het die hond ook saam gevat, al drie ons diere het ook saam met ons gekom van SA af. Ons was meer suid gewees na Denmark toe net anderkant Albany, dis ook ongelooflik mooi, baie toeriste aantreklikhede kaas fabriek engelse toffie fabriek wynroetes en n vissermans pardys. Groete by die huis. lekker week vir julle.

    ReplyDelete

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings