Friday, January 18, 2008

Ek sien die verskil, sien jy die verskil?

Kyk mooi na die volgende foto... Kliek op dit om dit groter te sien. Wat dink jy sien jy? Australië? Kyk weer.

Ek het, presies op skaal, vir Suid Afrika netjies in die Australiese state New South Wales (NSW) en Victoria (VIC) ingepas. Dit gee mens nogal 'n idee van die grootte van Suid Afrika teenoor Oz.

Ek het sommer vir interessantheid so bietjie gaan rondkrap in die offisiële statistiek van die Australiese buro van statistiek en Stats SA.

Hier is so 'n paar feite:

Die beraamde bevolking van Australië was op 30 June 2007 :
21 188 393 mense

Daar word
elke 1 minuut en 56 sekondes 'n baba hier gebore,
elke 3 minute en 58 sekondes sterf daar iemand hier,
elke 3 minute en 5 sekondes immigreer iemand na Australië, en
elke 1 minuut en 42 sekondes vermeerder die netto bevolking van Australië met 1 persoon.

Dit beteken dat die netto bevolking hier in 1 jaar (van 31557600 sekondes) dus met 309 388 mense vermeerder.

Lewensverwagting:
"Australians are now among the longest-lived people in the world"
"A boy born in 1999 could expect to live to be almost 77, while a girl could expect to reach 82 - increases since 1990 of close to 3 and 2 years respectively"
Die lewensverwagting is dus ongeveer : 80 jaar

Indien die aantal persone van werkende ouderdom geneem word tussen 15 en 64 jaar, was daar in Junie 2006 'n totaal van 14 miljoen mense van werkende ouderdom in Australië. Dit is 66.6% van die bevolking wat kan werk.
"n June 2006, 67.5% of the Australian population were of working age (15-64 years), up from 66.9% in June 2001 and 66.6% in June 1996. In those ten years the number of people of working age has increased by 1.8 million to 14.0 million at June 2006."

Verder is die mediaan van die Aussie bevolking se ouderdom net 36.6 jaar.
"The median age of Australia's population, the age at which half the population is older and half is younger, was 36.6 years at June 2006"

Volgens die Australiese Buro van Statistiek vir Desember 2007 was daar verder die volgende werkloosheidsyfers:
Amptelik werkende persone: 10 570 400 (65.2 % van die wat kan werk)
Werklose persone: 480 900 (4.4 % van die populasie van werkende ouderdom)

Let mooi op die bogenoemde 2 faktore:

  • populasie van werkende ouderdom
  • persentasie van die wat wel werk
Omdat Australië 'n relatief jong bevolking het, is daar 'n groot persentasie van die bevolking wat mag werk: 14 000 000 uit 'n totaal van sowat 21 188 393.
66.6 % kan dus werk.

Van hierdie 66.6% van die totale bevolking wat kan werk, is daar 65.2 % wat wel werk (en 4.4% wat nie werk nie)
Dit beteken dat die deel van die bevolking wat aktief bydra tot die vooruitgang van die land (op finansiële gebied) dus 10 570 400 van die 21 188 393 is: 49.88% (Dit is die HELFTE van die bevolking!!!)
(Maar ons vergeet natuurlik nie die mammas wat by die huis bly en bydra tot die maatskaplike welstand van Oz nie!)

Nou vra mens vir jouself die vraag:
Hoeveel dra hierdie 10.6 miljoen mense tot die inkomste van die land by?

Wel, om daardie vraag te beantwoord, gaan kyk ons bietjie na die Australiese regering se begroting vir 2007-2008. Vir 'n land om vooruit te gaan moet sy boeke net so klop soos wat 'n winsgewende maatskappy syne doen.
Australië se totale uitgawes vir 2007-2008 word volgens die begroting beraam op:
$236 000 000 000 (dus 236 biljoen Aussie dollar).

Daarteenoor is die totale INKOMSTE vir dieselfde tyd gelykstaande aan:
$247 000 000 000 (247 biljoen)

Daar is dus 'n WINS/SURPLUS van $11 000 000 000 (11 biljoen). Weet julle hoe vrek baie is dit!


Waar kom al die inkomste vandaan? As julle kyk na die "Pie"-grafiek van die bronne van Aussie inkomste, dan sien mens die volgende:
$119.56 biljoen = individuele inkomstebelasting (werkende bevolking)

$4.110 biljoen = belasting op byvoordele

$8.3 biljoen = Belasting op super/pensioen

$66.56 biljoen = Maatskappy en pertolium huur belasting

$14.73 biljoen = Heffings op petrol

$8.22 biljoen = Ander heffings

$5.96 biljoen = doane belasting

$3.629 biljoen = Ander belastings

$15.691 biljoen = Nie belasting inkomste

Mens kan dus sien dat die individuele belastingbetaler hier $119.56 biljoen (48.4 %) van die totale inkomste bydra.
Dit maak nogal sin: 49.88% van die bevolking dra 48.4% van die totale inkomste by!

Julle kan ook na die grafiek van die uitgawes gaan kyk.

Dit was nou net om 'n idee te kry van die stand van die Aussie ekonomie....

+++++++++++++++++++++++++++++++++++++++

Kom ons kyk nou bietjie op 'n gelyke grondslag na ons geboorteland Suid Afrika:

Ek het bietjie by die website van Statistiek SA gaan kersopsteek om die feite te kry...
Kyk na die volgende:
"The 2007 mid-year population is estimated at approximately 47,9 million of which approximately 24,3 million (51%) is female."

Die beraamde bevolking van Suid Afrika was op 30 June 2007 dus:
47 900 000 mense (meer as 2.26 keer die bevolking van Oz!)

Die gemiddelde lewensverwagting is om en by 50 jaar.

Volgens hierdie statistiek by Stats SA, word daar elke jaar 1 346 119 babas in Suid Afrika gebore. Dit is gelykstaande aan een baba elke 23 sekondes! (In vergelyking met 1 minuut en 56 sekondes vir Oz = 5 keer minder)

Daar word beraam dat 5.3 miljoen (11 % van die bevolking) HIV positief is.

38 079 900 (79.6 %) beskou hulself as : African
4 245 000 (8.9 %) as : "Gekleurd"
1 173 700 (2.5 %) as : Indiër/Asies
4 352 100 (9.1 %) as : Wit

Uit die Junie 2007 bevolkings beramings vir Suid Afrika, kan mens bereken dat die aantal persone van werkende ouderdom tussen 15 en 64 jaar dus die volgende is:
Ouderdom:
15-19 jaar : 4 975 900
20-24 jaar : 4 675 200
25-29 jaar : 4 335 600
30-34 jaar : 3 863 900
35-39 jaar : 2 972 400
40-44 jaar : 2 400 300
45-49 jaar : 2 222 300
50-54 jaar : 1 872 100
55-59 jaar : 1 486 000
60-64 jaar : 1 306 500

Totale aantal persone van werkende ouderdom :
30 110 200 (62.9 % van die totale bevolking)

Dit is 2.2 keer meer as Australië se aantal persone van werkende ouderdom.

Van hierdie 30.1 miljoen val 3.01 miljoen (10 %) in die kategorie van "Wit en van werkende ouderdom" volgens amptelike statistiek by Stats SA (bladsy 4). Dit is dan ook van hierdie kategorie waarvan daar al bykans 1 miljoen in 10 jaar die land verlaat het (aangesien dit eers nader aan 4 miljoen was).

Kom ons kyk nou bietjie hoeveel van hierdie persone dra nou by tot die ekonomies aktiewe werkende bevolking in Suid Afrika...

Volgens die nuutste sleutel aanwysers van Stats SA op werkloosheid was die amptelike werkloosheidsyfer gelykstaande aan:
25.5 % in Maart 2007.

'n Ander bron (Die SA Good news site) bevestig dat die aantal werklose persone in Suid Afrika gedaal het van 26.7 % na 25.5 % en nou gelyk is aan 4.3 miljoen.

Dan is daar ook nog die statistiek van die aantal persone wat NIE EKONOMIES AKTIEF is nie, wat nou staan op 12.8 miljoen (26.7 % van die totale bevolking).
Die werksmag is huidiglik gelyk aan 17.1 miljoen mense.

In 'n land met meer as dubbeld die bevolking van Australië (wat 'n werkende populasie van 10.57 miljoen het), is daar dus net 17.1 miljoen mense wat werk.
Die aantal ekonomies onaktiewe mense in Suid Afrika is 12 800 000 in vergelyking met 713340 vir Australië. (18 Keer meer as vir Oz!!!!) Anders gestel: die Australiese ekonomies onaktiewe mense is net 5.6 % van die wat in Suid Afrika onaktief is...

Jy het reg gelees....

Kom ons kyk nou bietjie na die Suid Afrikaanse begroting. Ek het by die Suid Afrikaanse Tesourie se webtuiste gaan inloer om meer inligting te kry omtrent die samestelling van Suid Afrika se bronne van belastinginkomste. Kyk, ek glo Trevor Manuel het homself nog altyd baie goed van sy taak gekwyt.

As ons na die Suid Afrikaanse Februarie 2007-2008 Begroting kyk, dan sien ons die volgende vir die inkomste vanaf bladsy 2:
R544.6 biljoen = totale inkomste (sowat $90.7 biljoen - net 37 % van Oz se $247 biljoen)
Dit van 'n land met meer as 2.2 keer die bevolking.

Van hierdie totale inkomste is:
R 155.34 biljoen afkomstig van persoonlike inkomstebelasting
R 138.52 biljoen afkomstig van belasting op maatskappye
R 16 biljoen afkomstig van sekondere belasting op maatskappye
R 11 biljoen afkomstig van eiendomsbelasting (wat betaal word saam met jou water en ligte)
R 199.21 biljoen afkomstig van BTW en ander belastings op petrol, drank, ens.

Van die bogenoemde kan ons sê dat die ekonomies aktiewe deel van die bevolking bydra tot:
inkomstebelasting, maatskappyebelasting en eiendomsbelasting, wat 'n totaal van
R 320.86 biljoen uitmaak. Dit is 59 % van die totale inkomste van die land.

Kyk, ek is nou nie 'n "ekspert" met hierdie tipe van berekenings nie, maar dit lyk vir my heel duidelik dat:
As daar 'n getal van 12.8 miljoen mense ekonomies onaktief is, uit 'n totaal van 30.11 miljoen mense van werkende ouderdom, beteken dit dat die getal mense van werkende ouderdom wat wel bydra sowat 17.3 miljoen mense moet wees.

Dit beteken dat sowat 17.3 miljoen mense hulle deel doen om die R 320.86 biljoen vir die land in te bring.
36.1 % van die land se bevolking bring 59 % van die land se inkomste in
(Vergelyk dit met
49.88% van die Oz bevolking wat 48.4% van die totale inkomste bydra)

Die prentjie lyk egter nog donkerder as jy in ag neem dat net die werkende populasie wat meer as R18000 kry deel uitmaak van inkomstebelasting. In 'n verslag van die Universiteit van Kaapstad in Februarie 2002 (in Afdeling 3), blyk dit dat 96% van die wat hulself as "Africans" klassifiseer in 1995 minder as R6001 per maand (R72012 per jaar) verdien het, en 30% minder as R1000 per maand. In 1999 het 49% van die "Africans" minder as R1000 verdien (R12000) per jaar. Dit beteken dat 39% (49% van die 79.6% van die totaal van die werkende bevolking "Africans " niks bydra tot inkomstebelasting nie. Vir "Gekleurdes" is daar 40% wat onder R1000 per maand verdien (40 % van 8.9%) , vir Indiërs (17% van 2.5%) en vir Wit (7% van 9.1%). As ons nou die getalle bymekaar tel kry ons 43.63 % wat nie inkomstebelasting betaal nie.


Dus, as mens weer na die bogenoemde persentasie van 36.1% kyk wat werk, moet mens dus besef dat 43.63% hiervan kwytgeskeld is van inkomstebelasting en die persentasie van die werkende Suid Afrikaanse bevolking wat wel bydra tot inkomstebelasting dus nou daal tot 20.35%. (In vergelyking met 50% vir Australië.) 20% van die bevolking dra dus hulself asook die oorblywende 80% wat nie werk nie.

Mens kan ook die land se belastinginkomste sien as 'n persentasie van die GDP (Bruto Binnelandse Produk...met ander woorde die totale produksie van die land se mense).
Vir Suid Afrika is die belasting inkomste sowat 28.1 % van die totale GDP.
Vir Australië is dit 22.5 % van die totale GDP.

Dit beteken, nie net moet minder mense van Suid Afrika die belastinglas dra nie, maar hulle word ook meer belas in vergelyking met dit wat hulle produseer.

Julle kan 'n soortgelyke "Pie" grafiek soos vir Oz hier sien.
Julle kan op dieselfde bladsy sien dat daar ook 'n 0,1 % tekort in 2008/09 in die begroting is, in vergelyking met die begrotings surplus van 4.66 % (11 biljoen/236 biljoen) vir Australië.

As mens na die Ekonomiese Profiel van Suid Afrika kyk, is die GDP per kop in Suid Afrika sowat R24 500, in vergelyking met sowat $51768 per persoon (R 310608) per jaar in Australië (12.6 keer meer as in Suid Afrika)....beteken hierdie rou feite dalk dat die meeste mense in Australië meer hardwerkend is? 'n Groter persentasie werk (10 570 400 van 'n totaal van 21 188 393 = 50 %).





1 comment:

  1. Amper sê ek 'n effense lelike woord! Ek het nooit besef dis so groot nie. Is daar nog plek? ... nee wat, solank daar nie plekke met die name Olifantshoek, Kenhardt, Pofadder, Onseepkans of Verneukpan is nie bly ek net hier.

    ReplyDelete

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings