Monday, August 13, 2007

Paradys by die see

Hulle sê Australië is nie die paradys nie, en dat die gras nie groener aan die ander kant van die Indiese Oseaan is nie. Wie weet? Net die tyd sal ons leer. Sover verken ons maar so elke naweek wat ons kan wegglip iewers heen hierdie plek. En ek neem fotos jong, baie fotos...

Ons besluit toe mos Sondag om bietjie te gaan kyk hoe lyk dit aan die oorkant van die water van Palm Beach wat ons voorheen besoek het, aan die westkant van daardie baai. Die plek staan bekend as die "West Head" en dit is maar so 30 km van ons af. Die uitsig is asemrowend en daar is 'n 270 grade panoramiese uitsig bykans al in die rondte. Ons het ons piekniek mandjie gepak en deurgery daarnatoe. Dit is binne in 'n Nasionale Park en oral langs die teerpad wat tot by die punt van die kop loop is daar 'n hele paar grondpaadjies waar 'n mens jou kar kan stop en dan lekker die staproete volg tot aan die rand van die heuwel. Hier is 'n Google Earth kaart van die plek.


Ek het 'n 5778 x 800 foto gemaak van die uitsig, wat julle hieronder kan besigtig deur daarop te kliek.


Dit is die mooiste rustigste plek wat ons nog beleef het hier in Oz.



Daar is heerlike skaduryke piekniek plekke onder bome waar jy 'n pragtige uitsig oor Palm beach se "East Head" kan kry.

Dit laat mens nogal dink aan 'n "oase" met palmbome langs die see.

Dit is 'n asemrowende uitsig om te aanskou, met tientalle seilbote wat rustig die Sondag verbyvaar op die seepgladde see.

Die kranse is nie besonder steil nie, maar bied jou 'n uitsig van beide kante van die kop.

Ons het daar en dan besluit dat ons nog gaan seilboot leer bestuur...

Ek glo mens kan enigiets vermag as mens net glo...ons is tot alles instaat deur Jesus wat ons krag gee...


Dink julle nie hierdie seiljagte het hulself mooi vir my "opgeline" nie?



Die kinders het dit baie geniet. Hier is 'n foto van my en my 2 kinders wat my vrou van ons geneem het daar...hulle is ons geleende aardse skatte waarvoor ons kontinente sal versit en oseane sal oorkruis (altans HET).


Met die volgende blog...meer fotos...

No comments:

Post a Comment

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings