Thursday, August 09, 2007

Om altyd die mooi in die lewe raak te sien...

Een ding waarop ek altyd probeer konsentreer is om altyd die MOOI in die lewe raak te sien.

In hierdie besige hedendaagse lewe van ons spoed ons teen so 'n vaart deur die lewe dat ons nie altyd dit wat mooi is rondom ons raaksien nie. Hoe minder tyd ons het, hoe voller maak ons dit en hoe gouer gaan dit verby. Maar hoe fyner mens dophou, hoe skerper jy ruik, hoe mooier jy luister hoe dieper ervaar jy dit wat om jou is en dan sien jy soms nogal dinge om jou raak wat jou dankbaar maak om te kan lewe. Watter ander satisfaksie sou God uit 'n blommetjie êrens op 'n rotslysie kry as dat iemand wat hy gemaak het eendag daar verbykom en net vir 'n oomblik met verwondering daarna kyk en deur die mooiheid daarvan bekoor word. Om fyn dop te hou is om dankbaar te lewe. Al is dit ook net die growwe tekstuur van boombas met pers veldblomme daarby...



Iets wat ek nog altyd wou doen was om op allerhande opskure tye na plekke toe te gaan om mooi fotos van goeters te neem soos wat die son en stadsliggies dit op verskillende tye van die nag of dag verkleur. Om die kwaliteit van lig op verskillende tye van die dag te kan afneem met my kamera. Mens kan mos nie sommer net in die aand op enige plek in Suid Afrika gaan fotos neem het nie...maar nou kan ek !

Mooi sonsondergange, mooi wolke na die reën, mooi gekleurde stadsliggies in die aand...is 'n paar van my gunstelinge.

Hier is 'n boom hier naby ons met sonsondergang...


Dieselfde boom net so 'n uur gelede in die aand...


Hier is 'n foto in die dag van die uitsig wat ons het naby ons huis vanaf Sydney Hills...


Selfde plek, net in die aand...


Hier is nog 'n foto wat oor die vallei uitkyk...


Dan, dieselfde uitsig, net in die aand...




'n Heel ordinêre boom...




...verander in 'n ervaring van mooiheid wanneer mens eenvoudig op 'n ander tyd in die dag daarna gaan kyk...


Selfs 'n eenvoudige straattoneel (soos hier in Castle Hill Road, Cherrybrook) lyk baie mooier in die aand...









...as in die dag...

Ek moedig julle aan om daarop te konsentreer om die mooi dinge op jul pad bietjie raak te sien...




2 comments:

  1. Paar mooi foto's wat jy daar het. Ek probeer ook maar altyd om die mooi goed raak te sien.

    ReplyDelete
  2. Pragtige foto's en ware woorde!

    ReplyDelete

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings