Sunday, November 26, 2006

RSS Feed

AANDAG almal: as julle op hoogte wil bly van byvoegings op hierdie blog...
Registreer net hierdie "RSS feed" op julle nuusleser program:
http://pitkos.blogspot.com/atom.xml

Groete

Hoe ek te werk gaan om 'n werk te soek in Australie

Iets wat ek agtergekom het oor die werksoekproses.... Ja, en ek sit ook nog hier in Suid Afrika! Ja, en ek het ook gesien dat die meeste werke wat op die SEEK.COM.AU en ander webtuistes gepubliseer is dit uitdruklik stel dat net geldige werk VISA houers moet aansoek doen. Dit het my soms al so ontmoedig dat ek dit sommer heeltemal gelos het om eens te probeer aansoek doen vir werke voordat ek my 136 VISA het. Want hoekom sal 'n werkgewer wat 'n pos het om te vul nou bereid wees om te wag totdat ek eendag my VISA het. Hy sal mos eerder die werk gee vir die persoon wat alreeds sak en pak in Australie is in lewende lywe!!!

"As mens net 'n werkgewer kon kry wat bereid sou wees om my te sponsor!", is die uitroep van menige mede landsgenoot wat so gou as moontlik in die land van "melk en heuning" aan die werk wil spring. Maar soos dit vir my lyk is dit die uitsondering...

My strategie is nou dus die volgende: aangesien meeste IT maatskappye in Australie in elk geval gaan uitbrei, beteken dit dat hulle in die nabye toekoms wel poste gaan hê wat gevul moet word. Hierdie werkgewers wil ook nie regtig via die "Recruitment Agencies" werk nie omdat hulle vir 'n sekere tydperk na daai persoon dan aangestel is bo en behalwe die persoon se salaris, ook nog 'n sekere persentasie van die persoon se salaris, maandeliks aan die agentskap moet betaal wat daardie persoon gewerf het!! Hulle sou tog eerder wou gehad het iemand moet hulle direk kontak!? Ek het nou besluit om die proses so bietjie op sy kop te draai....ek gaan begin soek vir Maatskappye wat in die werk specialiseer waarin ek ondervinding het en wat moontlik my vaardighede sou benodig indien hulle ooit (of wanneer) hulle sou besluit om uit te brei (wat hulle tog in elk geval gaan doen tensy hulle besig is om te stagneer).

My teiken is dus nou om deur online besigheids gidse/"directories" te werk en Maatskappye te identifiseer wat aan die vereistes voldoen...soos byvoorbeeld (in my geval) dat hulle produkte die Microsoft Windows platform gebruik. Kyk, ek programmeer in Microsoft .Net. Ek geniet dit, dus gaan ek nou nie sommer lekker daaroor voel as ek nou skielik in Linux moet begin programmeer nie. Dit maak my soektog dus reeds nouer ("narrow my search")....wat die lewe eintlik klaar vir my makliker maak. My soektog begin dus by Microsoft....ek wil dus al die Microsoft Partner maatskappye identifiseer. Dan weet ek klaar ek het iets om vir hulle aan te bied in my vaardighede. Hiervandaan kan jy al die geregistreerde Microsoft Maatskappye identifiseer, sien watter maatskappye in watter industrie werk en GETEIKENDE bemarking van jouself doen.

Soek ook na besigheids gidse/"directories" soos:
www.yellowpages.com.au
http://www.business.com.au/
http://www.whitepages.com.au

Gaan lees dan op oor die maatskappye op hule webtuistes (dis skaars dat 'n maatskappy deesdae NIE 'n webtuiste sal he^ nie). Stuur jou CV dan direk na die betrokke maatskappy waarin jy belangstel
Hulle kan dan jou CV "on file" hou en jou later kontak (want jy wag mos nou nog vir jou 136 VISA om deur te gaan en jy het BAAAAIE tyd vir navorsing) Jou CV, wat hulle nie via 'n r"recruitment agent" gekry het nie, is vir hulle 'n hengse besparing werd en spaar hulle ook die nodigheid om te gaan adverteer.

Thursday, November 23, 2006

Soms wonder ek...

Soms wonder ek of ons regtig weet waarvoor ons ons inlaat deur te wil
emmigreer... Dit sou dalk makliker gewees het as alles net vinnig
gebeur het, maar nou vat die proses so lank dat 'n mens soms wonder of
dit ooit gaan realiseer.

Friday, November 17, 2006

IELTS boekie

Ek het gister die IELTS boekie in die pos gekry.

Thursday, November 16, 2006

Soms loop nie alles volgens plan nie

Vandag kry ek toe die minder goeie nuus dat die maatskappy in Brisbane nie so lank kan wag om iemand sonder 'n VISA te kry nie. Dus gaan ons voort met ons 136 Skilled Independent VISA aansoek.

Na die kortstondige opgewondenheid kom mens soms maar terug aarde toe. Maar ons hou ons oe op die doelwit...om in Brisbane te gaan bly. Moedhou is die wagwoord.

Verder sien ons nogal uit na die Coffee Club by die Irene Country Lodge wat hierdie Saterdag plaasvind. Daar gaan tot op hede 73 mense wees wat moontlik oppad is Australie toe.
Dit is Saterdag 14h00 : Coffee Club

Monday, November 13, 2006

Vertroosting

Soms raak ek BAIE opgestres oor die feit dat ons alles in ons geboorteland so moet los en verhuis na 'n land wat ons nog nooit in was nie...Australie. Ek wonder soms of dit die regte besluit is, maar tog is ek oortuig in my hart en het vrede.
Ek dink aan die woorde wat ek in die Bybel lees: (Nie dat ek dit enigsins gebruik as die beweegrede om Suid Afrika te verlaat nie, maar ek begin verstaan wat Abraham moes deurmaak)
Hebreers 11:8-9
"Omdat hy geglo het... Hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou uitkom.
Omdat hy geglo het, het hy in die beloofde land gaan woon, 'n vreemdeling in 'n vreemde land."

Soms wonder ek...weet God wat ons moet deurmaak in hierdie besluit...ek ontwortel per slot van rekening my hele gesin. Toe lees ek eendag die volgende in The Message vertaling:

Jesaja 40
Why would you ever complain, O Jacob., or, whine, Israel, saying,
"God has lost track of me. He doesn't care what happens to me"?
...He's Creator of all you can see or imagine. He doesn't get tired out, doesn't pause to catch his breath. And He knows everything, inside and out.
He energises those who get tired, gives fresh strength to dropouts.
For even young people tire and drop out, young folk in their prime stumble and fall. But those who wait upon God get fresh strength.
They spread their wings and soar like eagles, they run and don't get tired, they walk and don't lag behind.

Jesaja 41
But you, Israel, are my servant. You're Jacob, my first choice, descendants of my good friend Abraham.
I pulled you in from all over the world, called you in from every dark corner of the earth, telling you, "You're my servant, serving on my side.
I've picked you. I haven't dropped you.
Don't panic. I'm with you.
There is no need to fear for I'm your God.
I'll give you strength. I'll help you.
I'll hold you steady, keep a firm grip on you.
...
...
That's right. Because I, your God, have a firm frip on you and I'm not letting go.
I'm telling you, Don't panic.
I'm right here to help you.

...
I, God, want to reassure you. The God who buys you back."

Nog goeie nuus!

Ons het hierdie naweek gekamp by Eden Park naby Naboomspruit. Ek kyk toe sommer Saterdag (11 November 2006) via GPRS by die ACS website om te sien wat die status van my ACS aansoek is, en, sowaar, dit het van 'To be allocated' verander na 'In process':

Date Received20-October-2006
Event TypeSkills Assessment
StatusIn process
Managed ByPileny Nata

Dinge begin nou werklik op dreef kom.

IELTS Taal toetse

Hier by die 26 ste Oktober, toe lees my vrou dat die besprekings vir die International English Language Testing System (IELTS) toetse nogal vol bespreek is. Aangesien ons nog wag vir die uitslae van my ACS Recognition Of Prior Learning (RPL) voor ons wou bespreek vir die Engelse toetse, wou ons eers wag, maar toe besluit ons maar om te bespreek sodat ons vroegtydig alles goedgekeur kon kry. Daar kan online bespreek word vir die Engelse toetse en dit word gedoen deur die British Council (Click op die voorafgaande link). Ons bespreek toe die 26ste. Dit kos R1670 vir die Standaard Engelse toets plus R400 vir 'n boekie (dus R2070 wat ons in hul bankrekening inbetaal het)

10 November lees ek toe my email en kry die bevestiging dat ek die 13de Januarie 2007 tussen 9h00 en 12h00 die Engelse toets in Johannesburg gaan afle.

Friday, November 10, 2006

Moontlike werksgeleentheid

So sit ek mos een aand in Oktober (die 12 de) en soek na werk in Brisbane....want dit is mos waar ons besluit het ons gaan settle, en ek kom op 'n werk af wat my baie interesseer....

Dit is 'n maatskappy wat direk adverteer, en dit beteken die werksoek agentskap kry nie ook nog 'n deel van die betaling elke maand nie.

So uit di bloute kontak hulle my mos toe die 7 de November 2006 en se hulle stel baie belang. Ons reel toe vir 'n telefoniese onderhoud vroeg die oggend 8 November. Dit is die "Development Team Leader". Ons gesels toe amper 2 ure. Hulle gaan my nou Maandag kontak vir 'n persoonlikheids toets en dan moet ek nog 'n onderhoud met die CEO voer.

Dalk is ons baie gou in Oz. Die 121/856 employer nominated/sponsored permanent visa lyk nou die pad om te vat.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings