Friday, September 15, 2006

Dinge is goed op dreef

Dinge is goed op dreef met die emmigrasieproses...ek is volstoom besig met my RPL dokument. Het nog so paar afdelings om af te handel, maar verder moes ek al my Universiteits jaarboeke en graadpapiere in Engels by Tukkies gaan afrol in die Merensky Biblioteek. Hulle is na-ure oop, maar dit kos R50 vir 'n dag-ingang. Die Ingenieurs jaarboeke is in die Afrikana afdeling. Daar is ook Engelse jaarboeke van 1997 af...dit het baie gehelp, aangesien ek in die RPL dokument daarna verwys. Die afdrukke kos 25c per bladsy by die "Minolta" afdeling op die 3de vloer.

Dit het my in totaal so R80 gekos saam met die ingangskostes.

Verder het ek ook gister die laaste van 4 volledige getuigskrifte gekry by vorige werkgewers...gelukkig is ek op goeie voet by almal weg, so hulle was heeltemal bereid om soveel jare nadat ek daar gewerk het dit nog vir my te doen....wys jou net, moet nooit die brue agter jou afbrand nie....jy weet nie of jy dit dalk weer sal moet gebruik nie.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings