Friday, December 15, 2006

Ons VISA aansoek word ingedien...

Ons het vandag ons "General Skilled Independent" 136 VISA aansoek met Postnet se koerier na posbus diens gestuur na ons agent in Sydney. Dit is ook "trackable" via die Internet en dit het R177 gekos.

Ons het seker 'n week geneem om die vorms te voltooi. Ons moes die mees onlangse vorms op die DIMA (Department of Immigration and Multicultural Affairs) se website gebruik.
Vorm 47SK is ingevul asook 'n Character Assessment vorm 80 vir my en my vrou.

Meeste vorms kan hier gekry word.
Daar is belangrike inligting rakende die Skilled Migration opsie hier.

Daar's te veel met die wêreld gefoeter

Een van die mees talentvolle digter-musiekante moet seker Koos du Plessis wees. Ek bewonder sy diep insig in die emosies wat mens ervaar asook die wonderlike manier wat hy homself in digterlike woorde kan uitdruk. Daar is een liedjie van hom wat handel oor die roekelose manier wat die mens met die aarde omgaan. Gaan lees gerus oor sy lewe by http://www.koosduplessis.co.za/
en lees bietjie van sy digterlike lirieke by http://www.gypsy.co.za/lyrics/Koosdup/koosdup.htm

Spore op die Maan - Koos du Plessis

elke nuwe plan lê hopeloos verfrommel
want iets sê: "stomme drommel,
die ruimte lê vol rommel"
en ek begin verstaan:
daar is geen nuwe oord om heen te gaan
want kyk, daar lê reeds spore op die maan

want die stad blom elke nag
strooi sy saad en skemerdag
breek staalspruite teen die aardkors waar jy gaan
rommelberge groei omheen
en daar's swaelsuur in die reën
en kyk, daar lê reeds spore op die maan

waarheen sou ek gaan?
ontvlug is onbegonne
selfs droom is onbesonne
want die wêreld is oorwonne
en ek begin verstaan:
daar's geen nuwe paaie om te baan
want kyk, daar lê reeds spore op die maan

elke hektaar is verkoop
elke opstal lê gesloop
en die wêreld wag verwese, in die waan
dat 'n wonder sal gebeur
om sy rusperleers te keer
maar kyk, daar lê reeds spore op die maan

vlug na berg of woud..
meen jy dat daar geeneen is
dat jy eindelik alleen is?
ag, verspieders loer op Venus
en ek begin verstaan:
daar is geen nuwe oord om heen te gaan
want kyk, daar lê reeds spore op die maan

elke woord is retoriek
elke droom is bloot plastiek
en atoom's die idioom van wie verstaan
iewers moet 'n rusplek wees
vir die afgematte gees-
maar kyk, daar lê reeds spore op die maan
duisend donker spore op die maan
kyk, daar lê reeds spore op die maan

Thursday, December 14, 2006

Sonsondergang in Suid Afrika


Hierdie fotos van Centurion-meer het ek een aand na sononder geneem...ek moes vinnig maak want my vrou was bang ons word beroof of aangeval in die donker langs die meer...



Die totsiens-sê-proses in Suid Afrika voel vir my baie soos 'n sonsondergang in my land voor 'n blakend nuwe nuwe dag breek in 'n nuwe land...

Baie wonderlike tye het ek hier in Suid Afrika gehad...ek sal altyd net die goeie onthou. Wonderlike mense, wonderlike plekke, maar helaas die son gaan nou vir ons onder in hierdie land en die tyd het gekom om aan te beweeg ter wille van ons kinders, hulle toekoms en om nie terug te deins vir die nuwe dag nie...

Hierdie vakansie gaan ons bietjie na die Groot Karoo... (Die Koup soos dit ook bekend staan) Beaufort Wes om vir my ouers te gaan kuier voor die Groot Trek. Ook om fotos, musiek en videos uit te ruil wat in 'n tydkapsule (250 Gig external hardeskyf) saamgaan op die vliegtuig Australie toe...al wat ons van al ons herinneringe kan saamneem, vasgevang op 'n hardeskyf.

Sunday, December 10, 2006

ACS saak afgehandel

Dit lyk my nou dat dit defnitief so is dat 'n mens se ACS/RPL resultaat brief gestuur word die baie kort nadat jou saak na "At assessor" verander het. Ons het alreeds die brief se uitslag ontvang (by die agent in Oz), al het die status op die ACS webtuiste nou eers verander.

Date Received20-October-2006
Event TypeSkills Assessment
StatusCase finalised
Managed ByPileny Nata

Wednesday, December 06, 2006

My 136 VISA punte

Volgens die Australiese immigrasie webtuiste word die 136 Skilled Independent VISA op 'n puntestelsel ge-evalueer:

Ek kry die volgende punte:
Points test How many points will I get?
25-Age
60-Nominated Skilled Occupation
20-English language ability
10-Specific work experience
15-Occupation in demand/Job offer
0-Australian qualifications
0-Regional Australia/Low population growth metropolitan area
0-Spouse skills
Bonus points:
0-Capital Investment
0-Australian Work Experience
5-Community Language (Afrikaans)

TOTAL POINTS: 135

Die ouderdoms punte is soos volg uitgewerk:
Age Points Awarded
18 to 29 years 30
30 to 34 years 25
35 to 39 years 20
40 to 44 years 15

Die Nominated skilled occupation is op die volgende lys

Engelse taal vaardigheid:

Level of English Required IELTS Test Results
Competent A band score of at least six (6) on each of the four (4) components – speaking, reading, listening and writing.
Vocational A band score of at least five (5) on each of the four (4) components – speaking, reading, listening, and writing.
Functional An average band score of at least 4.5 based on all four (4) components – speaking, reading, listening, and writing.
Level of English Points Awarded
Competent 20
Vocational 15
Functional Nil

Werks ervaring:
If your nominated occupation is:
worth 60 points under the skill part of the points test
and
you have worked in your nominated occupation, or a closely related 60 point occupation listed on the Skilled Occupation List (SOL), for at least three (3) of the four (4) years immediately before you apply.
10
If your nominated occupation is:
worth 40, 50 or 60 points under the skill part of the points test
and
you have worked in any occupation listed on the Skilled Occupation List, for at least three (3) of the four (4) years immediately before you apply.
5

Volgens die ACS goedkeuring is my Skill goedgekeur as : ACS PIM 2 Group A : an overseas qualification assessed as being comparable to an Australian Bachelor
degree, or Graduate Diploma, or higher degree qualification, with a major in ICT.



Occupations in demand
Ek het Computing Professional - specialising in C++/C#/C 2231-79
If your nominated occupation is:
in demand (on the Migration Occupation in Demand List current either at the time your application is lodged or assessed)
and
you have a job offer for full-time employment in Australia in your nominated occupation from an organisation that has employed at least ten (10) people on a full-time basis for the 24 months immediately prior to the date you make your application.
20
If your nominated occupation is:
in demand (on the Migration Occupation in Demand List current either at the time your application is lodged or assessed)
and
you do not have a job offer.
15

Bonus points options (Afrikaans natuurlik)
Fluency in one of Australia's community languages 5

Afrikaans* Albanian Arabic/Lebanese Armenian* Bangla (Bengali) Bosnian
Bulgarian Burmese Chinese - Cantonese Chinese - Mandarin Croatian Czech
Danish* Dutch Estonian* Fijian Filipino (Tagalog) Finnish
French German Greek Hebrew* Hindi Hungarian
Indonesian Italian Japanese Khmer Korean Lao
Latvian* Lithuanian* Macedonian Malay Maltese Norwegian*
Persian Polish Portuguese Punjabi Romanian Russian
Serbian Sinhalese Slovak Slovene* Spanish Swedish*
Tamil Thai Turkish Ukrainian Urdu Vietnamese
Yiddish*




Tuesday, December 05, 2006

My ACS is goedgekeur !!!!

Vandag kry ek toe mos die goeie nuus van ons immigrasie agent in Sydney dat sy die brief van die Australian Computer Society (ACS) in die pos gekry het wat sê dat my graad en ondervinding goedgekeur is.... Ek moes mos die RPL (Recognition of Prior Learning) roete volg omdat ek in Ingenieurswese geswot het en nie in IT waarin ek werk nie. Dit beteken ek sal nou defnitief genoeg punte hê om vir die 136 Skilled Independent VISA aansoek te doen.

Die tydlyn was dus soos volg:
Friday, September 15, 2006: Prepare RPL document
Wednesday, October 04, 2006: Finished with the RPL document
Sunday, October 08, 2006: Couriered the document via DHL
Monday, October 16, 2006: Document arrives in Sydney
Thursday, October 26, 2006: ACS Status: To be allocated
Sunday, November 12, 2006: ACS Status: In process
Thursday, November 30, 2006: ACS Status: With assessor
Tuesday, December 5, 2006: Agent in Sydney receive letter of confirmation - APPROVED!

Van 26 Oktober wat ACS gesê het dat hulle die dokument het totdat die goedkeuringsbrief ontvang is (5 Des 2006) , is 'n totaal van 40 dae (amper 6 weke).

Friday, December 01, 2006

Hoe ek myself voorberei op Australie

Terwyl ek nog in Suid Afrika is probeer ek om via die internet soveel as moontlik van my nuwe land Australie te wete te kom. Ek en my gesin gaan as pioniers in ons familie om 'n nuwe wêreld te gaan ontdek. Jy kan seker maar sê ek eet drink en slaap so bietjie "Australie". In die aand as ek in my bed lê, dink ek oor hoe dit gaan wees. Ek probeer my in my gedagtes voorberei daarop om daar te bly. Dit is emosioneel seker die moeilikste. Toe ons vroeer vanjaar by die Suidkus vakansie gehou het, het ek reeds totsiens begin sê vir Suid Afrika se mooi strande en ek het besef dat ek dit nie sommer weer gou gaan sien nie.

Ek het begin om elke dag die Australiese koerante te lees:
The Australian
The Courier Mail
The Sydney Morning Herald
The Sunshine Coast Daily
Different Brisbane Newspapers

Ek het begin om na die Australiese radiostasies te luister:
Australian Broadcasting Corporation (ABC)
ABC Local Radio
ABC Podcasts
Radio National Podcasts
Australian Podcasts
Live Radio from Australia
ABC Coast FM
Radio Australia
Mike's Radio World Hierdie een het nogal 'n paar goeie musiek stasies

Om na Australiese musiek te begin luister:
Australian Country Music
Hierdie een het 24 uur Australiese Musiek en is my heel gunsteling (In Mildura):
HOT FM Luister hier

Verder fynkam ek met behulp van Google Earth en Google Maps se interaktiewe kaarte en satelliet fotos elke hoekie en draaitjie van Australie.
Hier is 'n kaart van Shailer Park in Brisbane.
Jy kan enige plek in Australie soek. Tik byvoorbeeld "Albany Creek, QLD, Australia" in die soek veld.
Ander kaarte wat ek opgespoor het is weer hier: http://www.street-directory.com.au/
Of kaarte van verskillende voorstede.
Hier is nog 'n baie goeie kaart van Australie, met skakels na die verskillende dele van die land.

Om uit te vind hoe die weer in Australie lyk gaan kyk ek by Weatherzone...

Verder kan mens ook in al die Online Ensiklopediee baie van die land Australie leer. Kyk bvoorbeeld wat het ek oor Australie gekry by Answers.com en Wikipedia
By Wikipedia kan mens omtrent alles van elke woonbuurt leer, soos byvoorbeeld Pine Rivers Shire in Brisbane.

Nog maniere om fotos en videos te kyk wat mense van Australie geneem het.
Byvoorbeeld videos van Brisbane by www.youtube.com
en fotos by die excellent site http://www.flickr.com/ Hier is fotos van Melbourne
'n ander manier is ook om by Google Images te soek vir "Brisbane Suburbs"

As julle belang stel in die Aussie taal, hier is 'n site met Aussie Slang
en hier is die Aussie slang dictionary.

As jy wil uitvind hoeveel "Van der Merwes" bly in Wollongong, NSW, gebruik die Australian White Pages. Jy kan tot 'n kaart kry presies waar hulle bly.
Of as jy op soek is na 'n besigheid, gebruik Die Geel Bladsye!!!

Indien jy sou belang stel in sensus data van wie in Australie bly....
Of dalk stel jy belang om te sien hoe die Suid Afrikaanse Rand staan teenoor die Australiese dollar, probeer http://www.x-rates.com/d/ZAR/AUD/graph120.html

Of dalk wil jy bietjie rondkyk in die local supermarkte in Australie om te sien hoeveel dinge kos:
Lys van "Online Shopping" opsies
Online Grocers van verskillende lande
COLES
Greengrocer
OnlyOz
en dan natuurlik...spesiaal vir my vrou....Woolies !!! tada...

Vir die wat belang stel om verder te studeer...Open Universities

Hier is 'n site met baie links oor Australie

En natuurlik...laaste maar nie die minste nie SAAustralia Forums se links.

Hoop julle geniet dit om julle toekomstige land te verken....
Groete vir almal....

Hoera!! My RPL is by die assessor!!

Toe ek vandag vinnig inloer op die ACS site kry ek die goeie nuus:



Date Received20-October-2006
Event TypeSkills Assessment
StatusWith assessor
Managed ByPileny Nata

Please allow up to 10 days if living in Australia
or 21 days for overseas for your result letter to
arrive.

My dokument is nou by 'n assessor, en dit beteken nie meer lank nie.

Sunday, November 26, 2006

RSS Feed

AANDAG almal: as julle op hoogte wil bly van byvoegings op hierdie blog...
Registreer net hierdie "RSS feed" op julle nuusleser program:
http://pitkos.blogspot.com/atom.xml

Groete

Hoe ek te werk gaan om 'n werk te soek in Australie

Iets wat ek agtergekom het oor die werksoekproses.... Ja, en ek sit ook nog hier in Suid Afrika! Ja, en ek het ook gesien dat die meeste werke wat op die SEEK.COM.AU en ander webtuistes gepubliseer is dit uitdruklik stel dat net geldige werk VISA houers moet aansoek doen. Dit het my soms al so ontmoedig dat ek dit sommer heeltemal gelos het om eens te probeer aansoek doen vir werke voordat ek my 136 VISA het. Want hoekom sal 'n werkgewer wat 'n pos het om te vul nou bereid wees om te wag totdat ek eendag my VISA het. Hy sal mos eerder die werk gee vir die persoon wat alreeds sak en pak in Australie is in lewende lywe!!!

"As mens net 'n werkgewer kon kry wat bereid sou wees om my te sponsor!", is die uitroep van menige mede landsgenoot wat so gou as moontlik in die land van "melk en heuning" aan die werk wil spring. Maar soos dit vir my lyk is dit die uitsondering...

My strategie is nou dus die volgende: aangesien meeste IT maatskappye in Australie in elk geval gaan uitbrei, beteken dit dat hulle in die nabye toekoms wel poste gaan hê wat gevul moet word. Hierdie werkgewers wil ook nie regtig via die "Recruitment Agencies" werk nie omdat hulle vir 'n sekere tydperk na daai persoon dan aangestel is bo en behalwe die persoon se salaris, ook nog 'n sekere persentasie van die persoon se salaris, maandeliks aan die agentskap moet betaal wat daardie persoon gewerf het!! Hulle sou tog eerder wou gehad het iemand moet hulle direk kontak!? Ek het nou besluit om die proses so bietjie op sy kop te draai....ek gaan begin soek vir Maatskappye wat in die werk specialiseer waarin ek ondervinding het en wat moontlik my vaardighede sou benodig indien hulle ooit (of wanneer) hulle sou besluit om uit te brei (wat hulle tog in elk geval gaan doen tensy hulle besig is om te stagneer).

My teiken is dus nou om deur online besigheids gidse/"directories" te werk en Maatskappye te identifiseer wat aan die vereistes voldoen...soos byvoorbeeld (in my geval) dat hulle produkte die Microsoft Windows platform gebruik. Kyk, ek programmeer in Microsoft .Net. Ek geniet dit, dus gaan ek nou nie sommer lekker daaroor voel as ek nou skielik in Linux moet begin programmeer nie. Dit maak my soektog dus reeds nouer ("narrow my search")....wat die lewe eintlik klaar vir my makliker maak. My soektog begin dus by Microsoft....ek wil dus al die Microsoft Partner maatskappye identifiseer. Dan weet ek klaar ek het iets om vir hulle aan te bied in my vaardighede. Hiervandaan kan jy al die geregistreerde Microsoft Maatskappye identifiseer, sien watter maatskappye in watter industrie werk en GETEIKENDE bemarking van jouself doen.

Soek ook na besigheids gidse/"directories" soos:
www.yellowpages.com.au
http://www.business.com.au/
http://www.whitepages.com.au

Gaan lees dan op oor die maatskappye op hule webtuistes (dis skaars dat 'n maatskappy deesdae NIE 'n webtuiste sal he^ nie). Stuur jou CV dan direk na die betrokke maatskappy waarin jy belangstel
Hulle kan dan jou CV "on file" hou en jou later kontak (want jy wag mos nou nog vir jou 136 VISA om deur te gaan en jy het BAAAAIE tyd vir navorsing) Jou CV, wat hulle nie via 'n r"recruitment agent" gekry het nie, is vir hulle 'n hengse besparing werd en spaar hulle ook die nodigheid om te gaan adverteer.

Thursday, November 23, 2006

Soms wonder ek...

Soms wonder ek of ons regtig weet waarvoor ons ons inlaat deur te wil
emmigreer... Dit sou dalk makliker gewees het as alles net vinnig
gebeur het, maar nou vat die proses so lank dat 'n mens soms wonder of
dit ooit gaan realiseer.

Friday, November 17, 2006

IELTS boekie

Ek het gister die IELTS boekie in die pos gekry.

Thursday, November 16, 2006

Soms loop nie alles volgens plan nie

Vandag kry ek toe die minder goeie nuus dat die maatskappy in Brisbane nie so lank kan wag om iemand sonder 'n VISA te kry nie. Dus gaan ons voort met ons 136 Skilled Independent VISA aansoek.

Na die kortstondige opgewondenheid kom mens soms maar terug aarde toe. Maar ons hou ons oe op die doelwit...om in Brisbane te gaan bly. Moedhou is die wagwoord.

Verder sien ons nogal uit na die Coffee Club by die Irene Country Lodge wat hierdie Saterdag plaasvind. Daar gaan tot op hede 73 mense wees wat moontlik oppad is Australie toe.
Dit is Saterdag 14h00 : Coffee Club

Monday, November 13, 2006

Vertroosting

Soms raak ek BAIE opgestres oor die feit dat ons alles in ons geboorteland so moet los en verhuis na 'n land wat ons nog nooit in was nie...Australie. Ek wonder soms of dit die regte besluit is, maar tog is ek oortuig in my hart en het vrede.
Ek dink aan die woorde wat ek in die Bybel lees: (Nie dat ek dit enigsins gebruik as die beweegrede om Suid Afrika te verlaat nie, maar ek begin verstaan wat Abraham moes deurmaak)
Hebreers 11:8-9
"Omdat hy geglo het... Hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou uitkom.
Omdat hy geglo het, het hy in die beloofde land gaan woon, 'n vreemdeling in 'n vreemde land."

Soms wonder ek...weet God wat ons moet deurmaak in hierdie besluit...ek ontwortel per slot van rekening my hele gesin. Toe lees ek eendag die volgende in The Message vertaling:

Jesaja 40
Why would you ever complain, O Jacob., or, whine, Israel, saying,
"God has lost track of me. He doesn't care what happens to me"?
...He's Creator of all you can see or imagine. He doesn't get tired out, doesn't pause to catch his breath. And He knows everything, inside and out.
He energises those who get tired, gives fresh strength to dropouts.
For even young people tire and drop out, young folk in their prime stumble and fall. But those who wait upon God get fresh strength.
They spread their wings and soar like eagles, they run and don't get tired, they walk and don't lag behind.

Jesaja 41
But you, Israel, are my servant. You're Jacob, my first choice, descendants of my good friend Abraham.
I pulled you in from all over the world, called you in from every dark corner of the earth, telling you, "You're my servant, serving on my side.
I've picked you. I haven't dropped you.
Don't panic. I'm with you.
There is no need to fear for I'm your God.
I'll give you strength. I'll help you.
I'll hold you steady, keep a firm grip on you.
...
...
That's right. Because I, your God, have a firm frip on you and I'm not letting go.
I'm telling you, Don't panic.
I'm right here to help you.

...
I, God, want to reassure you. The God who buys you back."

Nog goeie nuus!

Ons het hierdie naweek gekamp by Eden Park naby Naboomspruit. Ek kyk toe sommer Saterdag (11 November 2006) via GPRS by die ACS website om te sien wat die status van my ACS aansoek is, en, sowaar, dit het van 'To be allocated' verander na 'In process':

Date Received20-October-2006
Event TypeSkills Assessment
StatusIn process
Managed ByPileny Nata

Dinge begin nou werklik op dreef kom.

IELTS Taal toetse

Hier by die 26 ste Oktober, toe lees my vrou dat die besprekings vir die International English Language Testing System (IELTS) toetse nogal vol bespreek is. Aangesien ons nog wag vir die uitslae van my ACS Recognition Of Prior Learning (RPL) voor ons wou bespreek vir die Engelse toetse, wou ons eers wag, maar toe besluit ons maar om te bespreek sodat ons vroegtydig alles goedgekeur kon kry. Daar kan online bespreek word vir die Engelse toetse en dit word gedoen deur die British Council (Click op die voorafgaande link). Ons bespreek toe die 26ste. Dit kos R1670 vir die Standaard Engelse toets plus R400 vir 'n boekie (dus R2070 wat ons in hul bankrekening inbetaal het)

10 November lees ek toe my email en kry die bevestiging dat ek die 13de Januarie 2007 tussen 9h00 en 12h00 die Engelse toets in Johannesburg gaan afle.

Friday, November 10, 2006

Moontlike werksgeleentheid

So sit ek mos een aand in Oktober (die 12 de) en soek na werk in Brisbane....want dit is mos waar ons besluit het ons gaan settle, en ek kom op 'n werk af wat my baie interesseer....

Dit is 'n maatskappy wat direk adverteer, en dit beteken die werksoek agentskap kry nie ook nog 'n deel van die betaling elke maand nie.

So uit di bloute kontak hulle my mos toe die 7 de November 2006 en se hulle stel baie belang. Ons reel toe vir 'n telefoniese onderhoud vroeg die oggend 8 November. Dit is die "Development Team Leader". Ons gesels toe amper 2 ure. Hulle gaan my nou Maandag kontak vir 'n persoonlikheids toets en dan moet ek nog 'n onderhoud met die CEO voer.

Dalk is ons baie gou in Oz. Die 121/856 employer nominated/sponsored permanent visa lyk nou die pad om te vat.

Thursday, October 26, 2006

Hoera !!! My ACS processing het begin...

Einde ten laaste het ACS nou my RPL dokumente...nou moet iemand nog net daarop begin werk:

Date Received20-October-2006
Event TypeSkills Assessment
StatusTo be allocated
Managed By

Op my kredietkaart bankstaat wys die transaksie soos volg:
2006-10-26 AUST COMPUTER SOCIETY SYDNER 2,354.76-

Monday, October 16, 2006

Einde ten laas te kom ons ACS pakkie toe in Sydney aan

Soos dit toe nou mos moet gebeur word ons pakkie vir 4 dae deur doane vasgehou.
'n Mens stress hoor. Allerhande gedagtes van hoe iemand dwelms in jou pakkie probeer insmokkel het en hoe jy nou nooit weer in Oz sal kan inkom nie omdat hulle jou soek vir onwettighede... Maar blykbaar het die doane in Sydney 'n "random check" gedoen en
toe is my 2kg pakkie ook onder die goed wat deursoek moet word.

Ons het DHL gebruik...hier volg die detail...


These are the results of your query
Times given are local to the service area in which the shipment checkpoint is recorded.
Air Waybill Number Origin Service Area Destination Service Area Status
.............. Pretoria - South Africa Sydney - Australia Signed for by: .........
Shipment delivered October 16, 2006 09:22
.............. - Detailed Report
Date Time Location Service Area Checkpoint Details
October 09, 2006 14:36 Pretoria - South Africa Shipment picked up
October 09, 2006 17:05 Pretoria - South Africa Departed from DHL facility in Pretoria - South Africa
October 09, 2006 17:44 Johannesburg - South Africa Arrived at DHL facility in Johannesburg - South Africa
October 09, 2006 18:44 Johannesburg - South Africa Departed from DHL facility in Johannesburg - South Africa
October 10, 2006 07:05 Express Logistics Centre, Dubai - United Arab Emirates Arrived at DHL facility in Express Logistics Centre, Dubai - United Arab Emirates
October 11, 2006 04:55 Express Logistics Centre, Dubai - United Arab Emirates Departed from DHL facility in Express Logistics Centre, Dubai - United Arab Emirates
October 12, 2006 08:42 Sydney - Australia Arrived at DHL facility in Sydney - Australia
October 12, 2006 08:52 Sydney - Australia Processed for clearance at Sydney - Australia
October 12, 2006 23:35 Sydney - Australia Arrived at DHL facility in Sydney - Australia
October 12, 2006 23:35 Sydney - Australia Clearance delay
October 12, 2006 23:35 Sydney - Australia Processed for clearance at Sydney - Australia
October 13, 2006 16:08 Sydney - Australia Clearance delay
October 15, 2006 18:58 Sydney - Australia Clearance processing complete at Sydney - Australia
October 16, 2006 03:13 Sydney - Australia Departed from DHL facility in Sydney - Australia
October 16, 2006 05:05 Sydney - Australia Arrived at DHL Facility
October 16, 2006 07:18 Sydney - Australia With delivery courier
October 16, 2006 09:22 Sydney - Australia Shipment delivered

Monday, October 09, 2006

Die vliegtuigkaartjie van my dokument

Met skok vind ek toe mos uit dat as jy jou 2kg RPL (Recognition Of Prior Learning) dokument baie gou in Sydney wil kry, dan kos die koerierkoste R1222. Net vir ingeval iemand gewonder het.
Ons het dit hierdie Vrydag gestuur en dit behoort dan hierdie komende Dinsdag daar aan te kom. Ek wag nou angstig om te hoor van die uitslag as
dit dan eers ingedien word by die ACS (Australian Computer Society). Die weklikheid is besig om al
hoe nader te kruip aan ons. Waarin het ons ons tog begewe???

Wednesday, October 04, 2006

Uiteindelik is ek klaar met my RPL dokument

Ek is uiteindelik klaar met die RPL (Recognition of Prior Learning) dokument wat ek vir die Australian Computer Society moet stuur om my kwalifikasies erken te kry. Ek werk nou reeds sedert 31 Augustus volstoom daaraan. Dis omtrent 100 bladsye lank. Wat 'n taak. Ek het dit waarskynlik bietjie oordoen...maar ek wil eerder seker wees dat ek dit kry as om afskeepwerk in te gee. More gee ek dit vir die agent om die kopiee te waarmerk. Dan begin die wagtyd... Hoop maar net dit gaan vinnig.

Friday, September 15, 2006

Dinge is goed op dreef

Dinge is goed op dreef met die emmigrasieproses...ek is volstoom besig met my RPL dokument. Het nog so paar afdelings om af te handel, maar verder moes ek al my Universiteits jaarboeke en graadpapiere in Engels by Tukkies gaan afrol in die Merensky Biblioteek. Hulle is na-ure oop, maar dit kos R50 vir 'n dag-ingang. Die Ingenieurs jaarboeke is in die Afrikana afdeling. Daar is ook Engelse jaarboeke van 1997 af...dit het baie gehelp, aangesien ek in die RPL dokument daarna verwys. Die afdrukke kos 25c per bladsy by die "Minolta" afdeling op die 3de vloer.

Dit het my in totaal so R80 gekos saam met die ingangskostes.

Verder het ek ook gister die laaste van 4 volledige getuigskrifte gekry by vorige werkgewers...gelukkig is ek op goeie voet by almal weg, so hulle was heeltemal bereid om soveel jare nadat ek daar gewerk het dit nog vir my te doen....wys jou net, moet nooit die brue agter jou afbrand nie....jy weet nie of jy dit dalk weer sal moet gebruik nie.

Saturday, August 26, 2006

Paspoorte gereed

Die bal is aan die rol, want toe ons gister binnelandse sake in Centurion bel was my paspoort, insluitende die kinders syne, reg, slegs 'n maand na ons dit aangevra het. Al ons paspoort en geboortesertifikaat kostes was so R1000. R165 vir volwassenes en R125 vir kinders en R50 vir die geboortesertifikate.
Die volgende stap is nou om my kwalifikasies by ACS te laat erken.

Tuesday, August 22, 2006

Swerwers

Swerwers.

Jy wat jou op die wysheid roem,
wie sou jy die swerwer noem:
die een wat sonder afskeid ry,
of sy wat eensaam agterbly?
Of wie?

Wie sou die ware swerwer wees:
die een wat reis; die een wat lees;
die enkling op sy slentergang;
of elkeen wat na iets verlang?
Of wie?

Wie sou die ware swerwer wees:
die een te voet; die een in gees;
die een wat deur die ver land stryk;
of hy wat deur die rookmis kyk?
Of wie?

Jy wat jou op die wysheid roem,
wie sou jy die swerwer noem:
die een met tas en reisbiljet;
of elkeen wat nog drome het?
Of wie?

Koos du Plessis

Monday, August 21, 2006

Hoe ek op my blog bekend staan

Ek het 2 name waarmee ek op hierdie blog publiseer vanaf my telefoon of direk op die web:
Woolgatherer
Swerwer

Om afskeid te neem van jou land...

Dit is nou al 'n geruime tyd wat ek en my vrou daaraan dink om na veiliger en groener weivelde te verhuis. Dis moeilik om afskeid te neem van 'n land wat jy reeds 34 jaar as jou tuiste beskou het. Ons was nog altyd lief vir ons land: Suid Afrika. Ons het al op 'n paar plekke baie lekker gaan vakansie hou wanneer ons die kans kon kry. Ook die laaste jaar begin Scuba by Sodwana. Ons hou van kamp en die Drakensberge, die see en die bosveld.

Maar hierdie is nie meer ons land nie...die dorpe het nou ander name en die mense in bewind dink net aan hoe hulle hulself kan verryk.... Die regering gee nie om oor misdaad nie en is meer gepla om politieke speletjies te speel... Onskuldige mense word daagliks vermoor, en nie meer net vir hul geld nie, maar eenvoudig uit haat.... so ons is ook op pad...Australië toe. Ek weet nie hoekom nie, ek is mos'n snaakse mens (hehe), maar ons het nogal hierdie geneigdheid om graag in 'n land te wil bly waar daar nog wet en orde is...waar mense beskaafd is...

So, vanaand gaan ons na een van daai byeenkomste by die Lyttelton biblioteek oor emmigrasie na Australië...ons is besig om soveel as moontlik inligting in te samel oor ons nuwe bestemming...op die oomblik nog Perth, maar Melbourne is ook 'n opsie. Sal maar sien, maar alles hang af van waar ek 'n werk kan kry. Ons beoog om ons huis te verkoop, ons motors en om een "container" oor te neem. Ons gaan sak en pak, man, vrou, kinders, skoonma. Ons vriende is hierdie maand Sydney toe, ok vir altyd. Maar ons sal nog geduldig moet wag...want dit neem tot 2 maande vir die paspoorte. Die bal is aan die rol. Dit het ons so R1000 rand gekos om paspoorte en geboortesertifikate aan te vra by binnelandse sake vir my en my vrou en skoonma en die 2 kinders.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings